Podlitiek-onderhoude: Dawie Scholtz praat oor die 2019-verkiesing

Dawie Scholtz het met die Podlitiek-span gesels oor die 2019-verkiesing, veldtogte en boodskappe. Foto: Dawie Scholtz/Twitter.com

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie vyfde episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Dawie Scholtz, verkiesings-ghoeroe en bestuurskonsultant.

Met die nasionale verkiesing van 2019 ʼn halfjaar weg, is stemmery en die dinamiek agter politieke veldtogte op almal se lippe – daarom dat die Podlitiek-span besluit het om ʼn uur lange gesprek met een van die voorste kenners van Suid-Afrikaanse verkiesings te hou.

In hierdie episode word die betroubaarheid van peilings bespreek, juis omdat peilings so gereeld tot meer onduidelikheid as duidelikheid lei. Paul vra dan vir Dawie oor die opkoms van skynbare populisme, en of dit ʼn internasionale tendens word – Dawie se antwoord hierop is besonder interessant!

Daniël sit 2019 se verkiesing op die tafel en kry Dawie se kennersmening oor wat Suid-Afrikaners te wagte kan wees in die komende verkiesing, sowel as die eienskappe van ʼn goeie veldtog – dit alles natuurlik in Afrikaans!

Die gesprek draai ook by die rol van tegnologie in die stemproses, en die betrokkenheid van internasionale veldtogbeplanners by plaaslike partye.

Dawie is ʼn groot voorstander van die gebruik van meningsopnames, peilings en data in die verkiesingsproses en glo dat dit selfs in Suid-Afrika van besondere belang is. Hierdie gesprek onderstreep hoe hierdie data in Suid-Afrika gesien moet word en ook wat dit vir ons Suid-Afrikaners op voetsoolvlak beteken.

  • As jy in die binnebaan wil wees oor die nasionale verkiesing van 2019, dan is hierdie episode perfek vir jou. Podlitiek bring met trots vir jou as luisteraar en leser hierdie langformaat-podsending wat uniek is in Afrikaanse digitale media. Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

En ALMAL dink as die ANC die verkiesing “verloor” gaan hulle die “wenners” met ‘n breë glimlag gelukwens, die sleutels en bankkaart-pin van die staat oorhandig, en onderneem om die “nuwe regering” te ondersteun?? Hahahahaha…………shame man.

Johan ·

Besonders insiggewend! Ek geniet hierdie podsendings van Maroela besonders baie. Dis altyd gebalanseerd en objektief. Nie doomprofeties of blind optimisties nie.

Louis ·

Die week was daar groot fout met die mikrofoon tydens die opname..?

Daniel ·

Hi Louis,

Ons vra om verskoning. Weens Dawie se skedule moes ons by sy huis in Johannesburg gaan opneem met ons draagbare opnametoerusting en omdat Dawie so passievol oor peilings en die politiek is praat hy nogal met sy hande wat saam beweeg.

Fran ·

Dawie, dankie vir die gesprek om in Afrikaans my opinie en siening van 2019 verkiesing. Soos ek deesdae sien met staatskping en oorlog in verskeie partye onder mekaar binne hul partye , voorspel ek nie een van hulle gaan staan op ie kies lyste nie, daar gaan 2 nuwe partye gestig word waarvan die een n baie goeie sprong gaan he wat alle rasse gaan stem voor omdat die party goeie leiers MET ervaring gaan staan in hiereie party en uit hul huidige party uitloop na hierdie een.
My vraag is hoekom verander die verkiesing nie na n ander, beter en goeie manier om te stem nie – elke keer is dit maar weer op dieeelfde manier oor en oor. Ek sal wil sien dat elke “leier” van die party wat geregistreer gaan word, ons almal eers moet stem wie ons as leier wil sien van ons land tussen hierdie leiers van hul party en dan die een wat dan gaan wen,hy/sy se party gaan wen. Wat ek bedoel bv.: die persone wat hoof van n party wil wees, nie noodwendig hoeveel uit n party wil staan nie enof die party al bestaan al dan nie, klaar hul name opsit vir n party(sonder naam) dan kan ons kiesers besluit wie die beste leier gaan wees dan hierdie leier sy party se naam ddan eers bekend maak. Sal interessant wees om te sien en stem met Id kaarte en scanning . Nie meer op papier nie. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.