Podlitiek: Onteieningsverslag sonder raad, ANC deur binnestryd geskaad en Zille kry IRV-mandaat

Opgestel deur die Podlitiek-span

Argieffoto

Soos ʼn kompas wat rigting in die storm gee, bring Podlitiek weer eens hierdie week ʼn tikkie sin en duidelikheid vir die vuisvoos nuusleser wat nie meer weet waar om te vat en waar om te los nie.

In die ateljee is Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz, en vandag kyk hulle na die pas uitgereikte verslag oor grondonteiening, die ANC se afgelope NUK-kongres, en die nuwe pos wat Helen Zille beklee.

Die komitee wat aangestel is om onteiening sonder vergoeding te ondersoek, het hul verslag, wat die president reeds in Mei bereik het, aan die publiek bekendgemaak. Podlitiek stem met verskeie nuusberigte van die afgelope week saam dat hierdie verslag meer vrae as antwoorde bied, maar die gevoel van korrektiewe geregtigheid en ʼn duidelik rassistiese kyk na die politiek kom skerp na vore.

Vir luisteraars wat nie tyd het om die 144 bladsy-verslag self deur te werk nie, bied vandag se Podlitiek-episode ’n paar opsommende opmerkings.

Tweedens kom die ANC aan die beurt. Tydens die vergadering van hul nasionale uitvoerende komitee (NUK) die afgelope naweek, het die verdeling binne in die ANC nog duideliker geword. Na wat berig word, het president Ramaphosa sy opponente openlik uitgedaag, ʼn teken wat hierdie onenigheid duidelik stel. Sal president Ramaphosa sy greep op ANC-leierskap kan verstewig, of sal die Zuma-faksie hul sin kry? Podlitiek gee hul menings hieroor.

ʼn Derde kwessie wat die voorblaaie gehaal het, is Helen Zille se aanstelling by die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV). Wat presies beteken hierdie skuif vir Suid-Afrika, en wat sê dit oor die DA dat mev. Zille eerder haar voormalige party verlaat om die verskil te maak wat sy glo sy moet maak? In haar eie woorde is die primêre oogmerk die stryd om idees vir die huidige orde van Suid-Afrika (of wat daarvan oor is) verder te voer, en van kernbelang vir ons land.

Is jy moeg daarvoor om nie te kan saampraat om die braaivleisvuur nie? Podlitiek is die antwoord vir jou!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Baie insiggewend wie die OB se advokate is. Het ons regstelsel verander vanaf onskuldig tot skuldig bewys of soos die OB skynbaar dit nou toepas: Skuldig totdat jy, arme drommel, dit kan bekostig om jou onskuld te bewys… of nog leef tot dan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.