Podlitiek: Oor entstowwe verleë en Zuma drink tee

Opgestel deur die Podlitiek-span

Oudpres. Jacob Zuma en EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

In dié week se episode van Podlitiek ontnonsens Ernst van Zyl en Daniël Eloff van die week se belangrikste nuusstories.

Die episode skop af met die jongste verwikkelinge rakende die nasionale aanskaffing van Covid-19-entstowwe. Dit het vandeesweek bekend geword dat die AstraZeneca-entstof, waarvan Suid-Afrika verlede week ʼn miljoen dosisse ontvang het, moontlik nie dieselfde effektiwiteit teen die 501Y.V2-variant het nie. Dit plaas ’n verdere vraagteken oor die regering se vermoë om as uitsluitlike aanskaffer van alle en enige Covid-19-entstowwe op te tree.

Die nuwe minimumloon wat aangekondig is, hou moontlike rampspoedige gevolge in. Suid-Afrika sit nie met ’n lae lone-probleem nie, maar eerder met ’n geen lone-probleem. Dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse regering nie eerder fokus op armoedeverligting in plaas van gepoogde simptomatiese behandeling van die werklike probleem nie.

Laastens bespreek hulle die onlangse besoek deur EFF-leier Julius Malema aan oudpres. Jacob Zuma by sy woning in Nkandla. Die besoek kan moontlik spanning binne die militante kommunistiese party veroorsaak weens die feit dat die EFF bloot ’n paar jaar gelede nog toegewyd teen Zuma uitlatings gemaak het. Hierdie skuif bevestig bloot dat die EFF ideologies kop in een mus met die ANC en sy voormalige leiers is.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Ek kyk nou weer daai foto van die Nkandla tee-party. Die teepot sommerso direk op die houttafel lyk so alleen sonder skinkbord, suikerpot, melkbeker, teesakkie-houer, koekie-bord (daar’s blykbaar ‘n gemmerkoekie in die oubaas se piering)… Ouma sou haar bedinges het oor die warm pot so direk op die tafel. ‘n Baie swak “pose”, as jy my vra…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.