Podlitiek oor Geloftedag: Ons eie erfenis en die plek van die Afrikaner in Afrika

bloedrivier-gelofte-monument-plakket-deur-renier-maritz-wikipedia

Plakket by die Bloedrivier-monument met Die Gelofte daarop. Foto: Renier Maritz/Af.wikipedia.org

Opgestel deur die Podlitiek-span

“Mijne broeders en medegenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van hemel en aarde om een belofte
aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met
ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal
geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag
en datum elke jaar als een verjaardag en een
dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal
doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer
stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat
wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij
met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook
voor onze opkomende geslachten, want de eer
van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden,
dat de roem en eer van overwinning aan Hem
sal worden gegeven. Amen.”

In hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag, of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Op 16 Desember 1838, presies 180 jaar gelede, het 470 Voortrekkers ʼn oorwinning behaal oor bykans 10 000 Zoeloe-soldate. Hoewel berigte verskil, word die syfer van 3 000 gesneuwelde Zoeloes deur baie historici aanvaar, met slegs een ligte besering, aan die leier, Andries Pretorius, aan die Voortrekkers se kant.

Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ʼn natuurwonderwerk, of ʼn natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ʼn geloofswonderwerk, gegee uit die hand van die Allerhoogste?

Die paneel bespreek hierdie drie opsies, met spesifieke fokus op ʼn wêreld wat dikwels meer en meer sekulêr word.

Hulle gaan dan verder en kyk na die viering van hierdie dag. Is dit eties reg en aanvaarbaar vir een volk om ʼn dag te vier wat ʼn ander volk se val gedenk – as ons sou saamstem dat Geloftedag dit doen? Paul voer aan dat om Geloftedag te vier nie ʼn vernedering van enige ander Suid-Afrikaanse volk is nie, maar ʼn viering van ʼn geloofswonder.

Laastens delf die paneel so ʼn bietjie in hul eie persepsies oor die rol van die Afrikaner in Suid-Afrika, en in Afrika.

Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil. Luister gerus na hierdie spesiale Geloftedag-episode van Podlitiek!

  • Is jy onseker oor ons land se toekoms? Voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Is die Bloedrivier Monument die volgende een wat “verskuif” gaan word? En daarna die Voortrekker Monument?

aj ·

Sopbeen

Is daar nog murg in jou pype oor?

Of is jy leeg en dor van binne?

Komaan … sit ‘n GEVEG op!

Gemaskerde Sopbeen ·

hahahaha aj…..dis nou te laat, tjomma……….ons moes ‘n “geveg” opgesit het in 1838 en die plek skoongemaak het………maar ons wou nie touleiers wees en wawiele gesmeer het nie…..Ons was te verhewe om sekere goed te doen. Dit was makliker om Johannes te skree as om self te melk…of varke kos te gee….of beeste op te pas. En kyk waar het dit ons gekry……. Om NOU ‘n geveg te wil opsit is mosterd na die maal…

Paul ·

Ek lees gister oor die 80 jarige viering van die hoeklegging vandag by die Voortrekkermonument dat die oorsese besoekers jaarliks honderde duisende beloop, waarvan die Chinese meer as die helfte is, dat hulle (die Chinese) nou al so in die land in-aggeneem word dat Mandarynse inligtingsbordjies en “Chinese toilette” daar aangebring is.

Nou vra ek waarheen is ons op pad en waarom stel die Chinese so belang in ons geskiedenis?

John ·

…. omdat hulle dalk baie meer in die land se toekoms belangstel… of in ons argitektuur. Daar is glo duplikate van baie Westense geboue in Sjina en ons monument is dalk ook in die pyplyn. Miskien moet hulle meer wagte aanstel om toe te sien dat die gebou nie stuk vir stuk weggedra word en as muti verkoop word… om die Sjinese-manne meer durf en daad te gee nie… of soiets (of as die renosterhoringdoepa te flou is). Dit wil lyk of die bestuur daar optree asof dit hul eiendom is. Afrikaners moet glo vandag betaal om die hoofverrigtinge by te woon. Was dit die aanvanklike idee?

aj ·

Paul

Die Voortrekker Monument trek naas Kirstenbosch Botaniese tuin, die meeste toeriste van alle besienswaardighede in ons land.

Ek kan dit verstaan

Op my laaste besoek aan die Voortrekkermonument was die armosfeer fantasties … ! …. ontroerend! …. trane loop ontroerend!!!

Elke ouer in Suid Afrika is dit aan sy/haar kinders verskuldig om die Voortrekker monument te besoek….. jaarliks!!!

aj ·

Die slag van Bloedrivier was die deurslaggewende insident wat die vestiging van die Westerse beskawing in die binneland van Suid Afrika moontlik gemaak het.

As die Zoeloes se mag nie gebreek was nie sou die hele binneland van Suid Afrika vandag nog steeds gelyk het soos die huidige Zoeloeland.

Grashutte en voetpaaie vir mens en dier!

Jan Aucamp ·

Ek aanbid die God van alle tye.
Ek skaam my nie om ‘n Afrikaner te wees nie.
Ek vier Geloftedag.

Fluweeltjie ·

Jy is voorwaar ‘n Suid Afrikaner om trots op te wees.

Dirk Schellingerhout 7 ·

100% boer, Geloftedag is n Moet, om gevier te word. Die Here Jesus ons enigste rots en hoop.
TV

JAN ·

Die Gelofte is inderdaad die bekering van die Voortrekker Vrymesselaars – waarvan die Monument getuig. Die Lig in die Duisternis.

Maar die Kaapse Kerk erken dit nie want stoute Piet Retief se Broeders is steeds onder sensuur., Hy was die Grootmeester van Losie 2 PE.
Dink net die ontsaglike [enigste ] redding as die Gelofte deur almal gedenk word.. Die hele Vrrymesselary en die hele Kerk.
Dink net hoe maklik dit kan wees…. ware versoening !!
Wanneer almal ons Heiland herken .
LW
Die ABO was gepleeg deur dieselfde vyand as wat die Zulus oorgekom het 60 jaar vantevore.

Leon ·

Ek het die Geloftefees by die Voortrekker Monument vanjaar anders as ander jare ervaar. Daar was ‘n erns en gewyde vasberadenheid te bespeur.

Soos ek besef my mede Afrikaners hier kom ‘n ding.
Soos soveel kere in die geskiedenis le ‘n velle stryd vir oorlewing voor.

Wat ‘n voorreg om deel te wees vir die nuwe stryd vir Afrikaner oorlewing!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.