Podlitiek: Politieke moord, Cyril met Zuma vrylating akkoord, Merkel se laaste woord

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

In hierdie week se Podlitiek-episode is Ernst van Zyl, Daniël Eloff en Paul Maritz oudergewoonte op hul poste om die nuusweek en die politiek effens te #ontnonsens – en dié episode kan nie misgeloop word nie.

Die eerste storie is die drie politieke moorde wat die afgelope Saterdag by ʼn laerskool in die Inanda-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind het. Paul wonder wat hierdie moorde, sowel as die vele dreigemente wat ander politici ontvang het, vir die komende plaaslike verkiesing van 1 November beteken. Is hierdie tipe moorde maar te wagte, of toon dit ʼn toenemende onrus binne die heersende party se geledere?

Volgende lei die span ʼn meer voorspelbare onderwerp in, naamlik dat pres. Cyril Ramaphosa kennis gedra het van die vrylating van oudpresident Jacob Zuma op mediese parool. Dit kom voor vanuit die minister in die presidensie se reaksie dat president Ramaphosa se weerstand teen hierdie parool kleiner was as wat dalk te wagte kon wees, en Podlitiek bespreek wat dalk agter hierdie proses kon geskuil het.

Laastens word ʼn internasionale ogie gegooi, en die Podlitiek-span bespreek die komende verkiesing in Duitsland, wat op 26 September plaasvind. Dit wil voorkom asof die CDU/CSU, wat die grootste deel van die afgelope twee dekades regeer het, die knie sal buig voor ʼn effens meer linksgesinde SPD, die Sosiale Demokrate. Waarom is dit relevant, en wat beteken dit vir ons aan die suidpunt van Afrika?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Owlie ·

‘n Vrylating van hierdie kaliber kan onmoontlik nie plaasvind en deur gevoer word sonder goedkeuring uit die absolute hoogste gesag nie Tronkstraf is die enigste uitweg maar die volgelinge is oor 27 jaar so bederf met plundering kry hulle als reg dat vrylatings uit vrese vir meer plundering gesonde oordeel oortref

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.