Podlitiek: Premier ʼn pyn, Taaldag glo onrein, zama-zamas ondermyn

Opgestel deur die Podlitiek-span

Premier David Makhura. Foto: @GautengProvince/Twitter

Dit is Donderdag, wat beteken dat dit weer tyd is vir jou weeklikse Podlitiek-episode. Gereed met ʼn bietjie analise, ʼn bietjie nuus en nog ʼn bietjie politiek loer die paneel vandag na drie stories op die nuusagenda.

Eerste aan die beurt is die DA se voorgenome mosie van wantroue in die Gautengse premier, David Makhura. Die DA meen dat Makhura veral wat werkloosheid en korrupsie betref nie ʼn voldoende antwoord op die provinsie se uitdagings bied nie. Podlitiek stel ondersoek in.

Volgende oorweeg die paneel die herdenking van 14 Augustus en die stigting van die GRA. Daar is vandeesweek heelwat menings hieroor in die media gepubliseer, met veral ʼn spesifieke meningstuk wat Frederik se oog gevang het.

Hierdie week het die tema van onwettige immigrante, en dan veral die konflik tussen onwettige immigrante en plaaslike bevolkingsgroepe, weer na vore getree. Die Podlitiek-paneel wonder hardop waarheen en wat nou.

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theuns ·

Mdkhura net NIKS gedoen oor die 134 mense wat dood is weens sy dept van gesondheid se ongevoelige optrede nie. Fis meer as by Sharoeville! Gaan ons nou ook ‘n Mzkhura vakandiedag kry om die wat gedood is te gedenk? Ons het ook Marikana vakansiedag nodig. Die monsteragtige dade van die huidige regime moet gedenk word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.