Podlitiek: Ramptoestand dalk beëindig, DNS agterstallig

EFF-leier Julius Malema tydens Woensdag se besoek aan Mall of Africa. (Foto: EFF/Twitter)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In die tweede episode van die nuwe jaar sluit nuwe Podlitiek-aanbieder, Frederik van Dyk, by Ernst van Zyl en Daniël Eloff aan.

Die episode skop af met ʼn bespreking oor die beëindiging van die nasionale ramptoestand. Verskeie organisasies het die afgelope week aangekondig dat die nasionale ramptoestand wat die afgelope 20 maande heers afgeskaf moet word. Dit kom nadat daar ʼn duidelik verandering in die openbare sentiment was oor die voortdurende ramptoestand. Daniël voorspel egter dat ons ʼn reeks hofsake vanjaar gaan sien wat die ramptoestand uitdaag en dat daar wel moontlike suksesse mag wees.

Die gesprek draai dan na die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wat die afgelope week talle restaurante besoek het om “inspeksie” te doen. Die Podlitiek-span dui aan hoe kommerwekkend dit is dat die politieke party homself as vakbond en polisiehond handhaaf. Frederik en Ernst wys egter uit hoe die party se skielike U-draai teen Pan-Afrikanisme ʼn moontlike politieke skuif is na aanleiding van die onlangse suksesse by die stembusse vir ʼn party soos ActionSA en dat die skuif deur die EFF ʼn reaksie daarop is.

Laastens, bespreek die span die enorme probleme wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se forensiese laboratoriums tans ervaar met die verwerking van DNS-monsters in verskeie strafregaangeleenthede. Die agterstallige toetse is ʼn ernstige knou vir ons strafregstelsel.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.