Podlitiek: SA ingeperk, Zuma opgesluit, sportsterre uitgesmyt

Opgestel deur die Podlitiek-span

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

In hierdie week se weergawe van Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die vlak 4-inperking, die aankondiging dat oudpres. Jacob Zuma moet tronk toe, en die ontipiese vanne in die Britse- en Ierse Leeus-spanne.

Heel eerste kom die inperking van veral Gautengers ter sprake. Sekerlik is daar min alternatiewe tot effens strenger maatreëls, maar Podlitiek wonder of die huidige inperkings werklik die beste pad vorentoe is, en maak ook die geldige punt dat ʼn paar baie bewuste besluite deur die huidige regeerders die land in hierdie penarie gedompel het.

Volgende, dalk die grootste nuusstorie van die week, is Zuma wat deur die Konstitusionele Hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis is vir sy weiering om op te daag vir ʼn sitting van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Of Zuma enige tyd in ʼn oranje pakkie gaan deurbring is wel ʼn heeltemal ander kwessie, en die Podlitiek-paneel spreek hul skeptisisme hieroor uit.

Derdens word vlugtig stilgestaan by die toenemende Suid-Afrikaanse teenwoordigheid in die geledere van Engelse, Skotse, Franse en Australasiese sportspanne. Is hierdie skuiwe maar net finansieel van aard of behoort die vinger deels, selfs grotendeels, na die rasbeheptheid van die staat gewys te word?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.