Podlitiek: Sisulu verdeel, Novak wil speel

Opgestel deur die Podlitiek-span

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie. (Foto: Chantall Presence/ANA)

In dié week se episode van Podlitiek gesels die span, en ‘n gas wat by die paneel aansluit, oor die uitsprake wat minister Lindiwe Sisulu onlangs oor die regbank gemaak het, sowel as Novak Djokovic se verlengde stryd ten einde deel te kan neem aan die Australiese Ope van 2022.

Minister Sisulu was deel van die samesprekings wat gelei het tot die alombekende 1994-verkiesings, maar met die ANC se leierskapsverkiesings net ‘n klipgooi weg, kom dit voor asof sy of die kollig op haar wil laat skyn, of werklik nie tyd het vir die oppergesag van die reg nie. In ‘n onlangse toespraak, wat ook as artikel gepubliseer is, bevraagteken Sisulu die waarde van hierdie hooggeagte regsbeginsel. Paul en Frederik van Dyk bespreek die kwessie, nie met veel verbasing nie, maar nietemin in diepte.

‘n Volgende storie is die pogings van die Australiese regering om Novak Djokovic uit hul land te laat deporteer, as gevolg daarvan dat Djokovic hom nie laat inent het nie. Paul en Frederik wonder hoe vrywillig hierdie vrywillige entstof werklik is as dit in so ‘n mate beperkend van aard is om dit nie te neem nie…

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annamarie ·

Was al minister, vir hoeveel departemente? Enige suksesse behaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.