Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk, Malema haat nog sterk

Opgestel deur die Podlitiek-span

Foto ter illustrasie: (Foto: Facebook)

Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, skokgolwe deur die land stuur. Onder normale omstandighede sou parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord, en na mekaar skop soos seuns op ’n speelgrond, skokgolwe deur ’n land stuur. En onder normale omstandighede sou ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, die kiesers van ’n demokrasie angstig laat ween – maar hierdie is nie normale omstandighede nie.

Om hierdie abnormale omstandighede te ontnonsens, is die Podlitiek-span hier. In dié week se episode van Podlitiek gesels Ernst, Hermann en Paul oor die drie stories.

Die skokkende werkloosheidsyfers is eerste onder die loep, en Podlitiek vra die belangrike vraag: Waarom skiet jeugwerkloosheid in Suid-Afrika die hemele in? Die maklike antwoord is natuurlik Covid-19, maar Podlitiek meen dat dit ’n maklike rookskerm is waaragter swak beleid weggesteek word.

Volgende word die verlenging van die ramptoestand bespreek. Word die Wet op Rampbestuur nie tans misbruik om ’n de facto- tiranniese regeerstelsel op Suid-Afrikaners af te dwing nie? Podlitiek bespreek dié saak uit vele hoeke.

Die derde storie, soos aan die begin ingelei, is die rampspoedige Pan-Afrika-Parlement (Pap)-sittings wat die afgelope twee weke plaasgevind het. Die Pap het inderwaarheid op die grond geval, soos politici te kere gegaan het. Suid-Afrika se Julius Malema was voor in die koor, en het ’n Mali-afgevaardigde met die dood gedreig. Net nog ’n dag in Afrika? Podlitiek dink ’n bietjie oor hierdie struktuur.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

James ·

Kerels, julle moet nou MOOI vir die Oom luister: Die skrikwekkendste van al 3 julle onderwerpe – is die werklose jeug. Kom die Oom verduidelik vir julle: Daardie jeug – in hul miljoene – is die proletariaat. Jonk, veglustig en oop vir indoktrinasie.

Ons beweeg spoedig weg van die posisise waar ons “oorlewing” definieer as ekonomiese oorlewing. Die era van DE FACTO oorlewing – kruip stadig maar seker nader.

Die ekonomie gaan nie beter word en werk skep nie. Die ekonomie gaan versleg – en die proletariaat VERGROOT. Frustrasies gaan nie afneem nie – maar toeneem. Koppel dit met die swak toestand van die SAPS en SANW – tesame met die groeiende haat teen witmense – selfs deur die howe – en….

Kerels – julle moet MOOI dink…

James ·

Ek wil net graag vir die Kerels byvoeg: Hierdie “Oom”is 48. Julle jongklomp noem my Oom so ek is seker nou maar uiteindelik een. Nieteenstaande – die Ooms van vandag, is nie soos die Ooms van 1994 nie. Die moderne oom het geleef VOOR en NA 1994. Hierdie oom was deel van die span opgeleide 12 jarige prefekte, wat soggens voor skool deur die skool geloop het om moontlike kleefmyne te identifiseer. Dit was die tyd wat ons op die nuus gesien het dat ‘n boer en sy seun in hul bakkie opgeblaas is toe hul vee toe gery het: LANDMYN. Russies vervaardig. Die tyd toe daar vanaf my Pa se grond langs Sasol 2 daar by Secunda vuurpyle afgevuur is op die installasies. (DIT was ‘n groot opgewondenheid, met al die weermag en veiligheidspolisie daar die volgende dag.) Die Oom se nou vandag vir julle: Die dinge hierbo was die ANC. En nou regeer hulle. Dink julle REGTIG hulle het doelwitte bereik? NEE. Dis net nou makliker: Maak wette. Einddoel – dieselfde

James ·

Ek moet ten laasste byvoeg: Weet jy hoe voel dit om saam met jou Pa in ‘n bakkie te ry – STADIG – terwyl hy jou aanmoedig om jou oe gespits te hou op die pad, uitkykend vir grondversteurings? En daardie landmyne – het van RUSLAND asfgekom. NIKS te doen gehad met Apartheid nie. ALLES te doen gehad met die installering van die ANC as regering, en NOG ‘n wenslag vir Kommunisme – nes in Vietnam. Die ou NP regering en Inkatha was sedert 1984 in gesprek om Apartheid te eindig.Die ANC gerugsteun deur die VSSR en Kuba – het daardie pogings met geweld in die wiele gery. Die ANC was nog NOOIT oor die beeindiging van ras-segregasie nie – maar oor die seeviering van kommunisme. En hullle het daai fight gewen….

James ·

En askuus – ‘n absolute laasste: Sou jy as ‘n 18 jarige in Angola baklei in 1989 – die laasste stuiptrekkings van die Koue Oorlog – teen “ongewapende en onderdrukte swartmense”: Waarom verloor jy jou lewe omdat ‘n Russiese MIG-21 met ‘n Kubaanse vlieenier al sy vuurpyle op jou en jou peleton afvuur, en jy sterf saam met 80% van jou makkers? Wat het Mig-21’s en Kubane te doen met SA se binnlelandse beleid? NIKS NIE. Dit het altyd gegaan oor die installasie van ‘n kommunistiese regering. Rusland is nou weg – en nou is ons CHINA se slawe. Ander ogies – dieselfde ideologie. En hul Kampioene in SA – die ANC.

James ·

Gelukkig is daar darem een ligpunt: Die bastion van Westerse beskawing, in die lig van Europa se verval – is Amerika! En DANKIE TOG – (Prof. Scholtz sal saamstem): TRUMP is weg! Kerels, alles gaan regkom. Die wereld het Biden as leier van die wesste! *En ek wag en wag – MaroelaMedia -maak hom attent daarop: Dr. Scholtz: ASSEBLIEF: – Skryf nou vir ons ‘n opinie oor Biden se eersste 5 maande? Jy het weekliks oor Trump geskryf? Hoekom is jy so stil? Akademici het mos nie voorkeure in hul ontledings nie?

Ek wag……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.