Podlitiek: Steve sê nee, SA se BBP, Theresa May verleë

Steve Hofmeyr. Foto: Reint Dykema.

Opgestel deur die Podlitiek-span

In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in ʼn video!

Paul begin deur ʼn ou koei uit die sloot uit te grawe: die 1992-referendum. In ʼn Facebook-plasing oor The Boer Project, ʼn dokumentêr oor plaasmoorde in Suid-Afrika, sê Steve Hofmeyer, Afrikaanse sanger en akteur, dat hy graag om verskoning wil vra vir sy ja-stem. Hy glo dit het “kommunisme” die land ingelaat – en dat dit dus eintlik maar ʼn vorm van verraad was. Die span het sterk menings oor die stemming (soos oor talle ander dinge), maar kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat hul voorlopig sal moet ooreenkom om te verskil op daardie punt.

Suid-Afrika se nuutste BBP-statistiek is op Dinsdag 4 September amptelik bekendgemaak – en dit is beslis slegte nuus. As gevolg van ʼn 0,7%-inkrimping in die tweede kwartaal van 2018, is Suid-Afrika in ʼn tegniese resessie. Daniel du Plessis bespreek hierdie punt, diep terneergedruk oor die toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie en wys daarop dat, selfs sonder ʼn tegniese resessie, ons posisie uiters benard is. Die span bespreek moontlike oplossings en uitkomste, maar is dit eens dat die regering se strategie handomkeer sal moet verander.

Daniël Eloff bespreek dan Theresa May, Britse eerste minister, se besoek aan Suid-Afrika. Hoewel, in vergelyking met vorige besoeke aan Suid-Afrika deur die Britte, dit baie erger sou kon wees, was May se ongemaklik danspassies net die begin van haar verleentheid. May ondersteun, klaarblyklik, onteiening van grond – solank dit net “wettig” geskied. Die span bespreek met groot smaak allerhande “wettige” staatsbeleide van die verlede. Hulle kom vinnig tot die gevolgtrekking dat blote wettigheid nie noodwendig dieselfde as regverdigheid is nie.

Die span sluit dan af met ʼn vinnige blik in die toekoms – en daar is baie om in die volgende paar weke dop te hou. Paul begin deur te verwys na die teenswoordige staking by Sasol in Secunda, gevoer in reaksie op SEB-gebaseerde aandeleskemas. Sekere werknemers word hierdeur geheel en al uitsluit op grond van hul velkleur. Daniël Eloff verwys daarna na die toenemende grondgrype wat hy voorsien in die nabye toekoms. Dit is glad nie verbasend, uiteindelik, dat massas mense, desperaat vir uitkoms, ander se grond sal neem as selfs die regering nie meer die gepaste agting vir eiendomsreg het nie!

Hierdie maand se luisteraar-kompetisie word met trots geborg deur Buffelsfontein Baard-olie. Skryf ʼn resensie vir Podlitiek op Facebook om die kans te staan om ʼn gawe prys te wen!

Is jy onseker oor ons land se toekoms of voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

John ·

Die volk kan ongelukkig nie ‘betaal’ as Steve se ouderdom hom inhaal nie. Die akteur wil nou maar net nie aanvaar dat daar perke aan elkeen van ons se vermoens is nie. Om ‘n akteur op die verhoog te wees met fans aan jou voete is een ding en die ander is om daar te staan as volksleier. As ons die Peter Principle in Afrikaans wil beleef moet mense agter die verkeerdes aanloop. Die pers sal ook nie eintlik hoef te soek vir valsnuus om die oom in te kleur nie… Hulle kan maar net die waarheid skryf en die volk sal skaam staan. As Steve nie die verkeer probeer stop vir ‘n roadshow nie dan bieg hy al die pad tot by die volgende idee. As ons nog nie ‘n aardse leier het nie, kies mens nie die ou wat sy eerste grys hare vrees nie.

lerato ·

Hallo John

Stem volmondig met jou saam. Ongelukkig wil MM nie my kommentaar plaas nie.

Kalahari Kind ·

Ek stem nie saam met jou aannames nie John. 20 jaar terug was ek geensins ‘n Steve-aanhanger nie. Meeste mense ontwikkel en groei egter hulle lewe deur, en dus tree heelwat mense eers later in hulle lewens tot politiek of politieke gesprekke toe. Veral nadat hulle deur die smeltkroes van die lewe gegaan het. Steve het meer oor die kwessie van plaasmoorde gedoen as meeste ander. Ek is baie beindruk met hoe hy deesdae op sy manier veg vir sy volk se regte. Jy hoef nie met hom saam te stem nie maar kyk na als wat hy op die agtergrond doen en hoe hy sy lewe nou leef, en gun dié van ons wat hom wil bystaan, die vryheid van assosiasie.

LB S ·

Kalahari Kind, en EK stem 100% met JOU saam. EN ek WAS van die begin af ‘n Steve-“fan”. Hy is ‘n man van vele talente en hy gebruik dit.

Trots Afrikaans ·

Die eksterne invloed op RSA is en was nog altyd kolossaal. Wêreld beleid het met tyd lings gedraai en hierdie “vryheid van regte” beleid is reg deur die wêreld afgedwing en word tans nog afgedwing. Dit is duidelik sigbaar in die konstante aanval op lande en groepe wat sterk gelowig staan. Hierdie diep gelowige groepe, waarvan die Afrikaner een was, se konsep van streng orde is juis wat hulle die teiken gemaak het.

Die wêreld se konsep van ongekeurde vryheid is besig om hom aan die “gat” te byt. Stadig is die wêreld besig om te draai na regs toe. Hierdie verskuiwing sal, net soos die vorige een, groot inpak hê op RSA, of burgers daanvan hou of nie.

So, klik jou gordel in, want as geskiedenis reg is, kom hier ‘n ding. Of jy nou ja of nee gestem het……

My voorstel, liberaal of konserwatief, herstel jou bande met God want as die man met die pange jou die straat af jaag gaan jy Sy naam skree, Maak seker Hy weet wie jy is ……

Hendrik ·

Dit is asof daar ‘n proses is wat aan die gang is en almal weet daarvan maar niemand kan/wil nie die koers verander nie. Is die eindpunt uiteindelik dat daar ‘n wit swart konfrontasie gaan wees wat al vir jare sloer? Gaan die witmense net toegee en vlug en alles word uiteindelik gevat deur die swartmense? Hoe kan hierdie konfrontasie vermy word?

Me ·

MENSE LYK MY JULLE AANBID DIE OU STEVE – HY GAAN JULLE NIE RED NIE HY IS NIE GOD NIE.
HY SOEK NET AANDAG
STERKTE VIR DIE WAT HOM AANBID

Sieg ·

Ja stemme het het Suid Afrika baie baie skade berokken. Jy sal van hier af net swaarkry sterkte aan die jongmense.

Hendrik ·

Dit is asof daar ‘n proses is wat aan die gang is en almal weet daarvan maar niemand kan/wil nie die koers verander nie. Is die eindpunt uiteindelik dat daar ‘n wit swart konfrontasie gaan wees wat al vir jare sloer? Gaan die witmense net toegee en vlug en alles word uiteindelik gevat deur die swartmense? Hoe kan hierdie konfrontasie vermy word?

Trots Afrikaans ·

Hendrik, geskiedenis bepaal dat ons op ‘n onkeerbare pad is. Doen navorsing oor Siener van Rensburg. So ver het al sy voorspellings waar geword.

HPV ·

Me, as jou aanname betrekking het op bogenoemde kommentare sal ek jou aanbeveel om dit weer te lees, ek lees geen of enige aanbidding vir Steve raak nie

Paul ·

Hier is ‘n kort uittreksel uit ‘n artikel van Hermann Giliomee wat op 13 Oktober 2014 betreffende die 1992 referendum op Maroela verskyn het:

“Die NP het sy band met die kiesers verbreek (ʼn mens kan dit ook sterker stel). Die 1992 referendum het bloot oor die proses gehandel; die NP hou nie sy belofte dat hy ʼn tweede referendum sal hou as die onderhandelde grondwet te ver afwyk van sy beleid wat hy in September 1991 aanvaar het nie (ʼn roterende presidensie en ʼn tweede huis waarin minderhede oorverteenwoordig sou wees en wetgewing sou kon blokkeer wat hulle benadeel).

Uiteindelik was daar geen magsdeling en wigte en teenwigte soos die NP beloof het nie. En uiteindelik was daar geen doeltreffende beskerming vir minderhede nie. Daar was die Grondwet en Grondwethof, maar teen 2009 het die ANC die stryd gewen om die meerheid ANC-gesindes in die Regterlike Dienskommissie te kry, wat die aanbevelings oor die aanstelling van regters by die president maak. Volgens een goedgeplaaste bron is daar nou ‘n 16 teen 7 ANC-gesinde meerderheid.”

Uit die artikel kan dus gesien word, daar moes ‘n tweede referendum gehou word, en daardie belofte het die NP nooit gestand gedoen nie.

Hier is die skakel na die volledige artikel:
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/n-kort-begrip-van-ons-laaste-vyftig-jaar-2/

Paul ·

Hier is nog ‘n uittreksel uit Hermann Giliomee se boek:

Joe Slovo van die SAKP, latere minister van behuising, het later vertel: “Ons het die stryd om ’n uitvoerende gesag met meerderheidsbesluitneming gewen, iets wat ons nooit gedink het ons sal regkry nie. Nie een van ons het selfs ’n week tevore gedink ons kon dit wen nie.” De Klerk gee ’n ander weergawe in sy memoires. Hy was van die begin af ten gunste van die konsensus-model, het hy geskryf, want dit sou vir die kabinetslede makliker gewees het om konfrontasie of ’n stemmery te vermy as hulle konsensus moes soek. Dit was egter nie wat in die referendumveldtog ‘n jaar tevore uitgestippel is nie. Op 18 November 1993 is desperaat rondgeskarrel om op die nippertjie nog ‘n finale ooreenkomste te formuleer.

Paul ·

Dus, as Steve die waarheid geweet het, betreffende die 1992 referendum, soos deur Prof Hermann Giliomee gedokumenteer en wat ek hier bo geplaas het, was daar nie eens ‘n storie om te vertel en die aandag met sy ‘verraad’ waaroor hy om verskoning vra, op hom te vestig nie.

Hendrik ·

Daar is genoeg leiers in Afrikaner gemeenskappe. As daar nie so leier naby jou bly jy nie in ‘n Afrikanergemeenskap nie en is jy dus deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap. M.a.w byvoorbeeld indien jy in Morelettapark woon bly jy nie in ‘n Afrikanergemeenskap nie en dan moet jy maar stem in vir die politieke party wat naaste is aan jou beginsel is. Steve Hofmeyer doen goed om uit S.A politiek te bly en is goed dat hy by die burgeregtegroep Toekomsvonk betrokke is. Soos hy noem sal hy nie in die parlement kan sit en sien hoe ‘n minderheidsparty soos die EFF die parlement ontwrig nie . So ook sal ek nie kan sit en sien dat minderheidpartye net in die parlement sit en geen effek het nie.

Jerry ·

Konfrontasie word vermy deur versoening Hendrik. Te veel van ons wens egter vir iets anders!

Jerry ·

Podlitiek ek is bekommerd oor Afri-Forum wat wetstoepassers se werk oorvat mbt grondgrype. Moet die forum se struktuur nie eerder daarop fokus om toe te sien dat wetstoepassers die wet toepas aangesien wetstoepassers die alleenmandaat het en ook om die wetstoepassers te ontbloot wat nie optree nie en die redes daarvoor! Politiek georienteerde of die afwesigheid van wetstoepassing kan grondgrype in n nagmerrie laat ontaard! Sal graag julle argument wil hoor.

Daniël ·

Hi Jerry,

Dankie vir die saam luister en dat jy die gesprek hier voort sit.

Van my kant af die volgende:

Ek dink nie dis 100% waar dat AfriForum die wetstoepassers se werk oorneem nie. Dit is meer ‘n geval van AfriForum wat die wetstoepassers aanmaan om hulle werk te doen wanneer die wetstoepassers versuim om dit te doen. Kyk na die geval verlede week in Onderstepoort. Dr Maserumule het AfriForum genader nadat hy herhaaldelik die polisie versoek het om sy eiendom teen ontwettig besetters te beskerm. AfriForum het steeds die howe genader om die polisie te verplig om hul werk te doen.

Laastens, dink ek nie dat dit werklik waar is dat sogenaamde “wetstoepassers” die alleenmandaat het om eiendomsreg te beskerm nie. Net soos wat daar ‘n regs- en moreleplig is om slagoffers van misdaad op straat te help, geld dieselfde logika met onwettige grondbesetting.

Sal graag wil hoor wat jy hiervan dink Jerry?

KanekVra? ·

Die ou NP het vir my arm wit familie absoluut boggerol gedoen in die apartheidsjare. Die mense is gebreinspoel, om jaar na jaar vir hulle te stem. Wat het die arm wit Afrikaans sprekende daaruit gekry? Ek weet dat die hoogmoedige en geleerde wit Afrikaans sprekende op ons familie neergekyk het, insluitend die kerk van daardie tyd. As jy nie aan die broedersbond behoort het nie, nie aan ‘n susters kerk lid was nie, was jy niks. My ouma en oupa kon ten minste hulle kinders met groot swaarkry grootkry, en hulle normes en waardes leer. My Pa het uitgestyg en ‘n suksesvolle besigheidsman geword, en my Ma het altyd haar eie besighede bedryf. Hunker na die verlede gaan my nie help nie. Wat my wel vies maak is dat ek nou as jong mens, moet vergeld en verantwoordelik gehou word, vir my voorouers se sogenaamde ” sondes “. En daarvoor is ek moeg.

Jerry ·

KanekVra, gaan lees jou bybel en bid sodat jy nie mag moedverloor nie en weerhou jou daarvan om betrokke te raak by die politiek. Koester suiwere gedagtes en fokus op jouself en jou gesin, jy is dit aan jou Skepper, jouself en jou geliefdes verskuldig, aan niemand anders nie!

Dennis ·

Jerry, ek praat nie namens die persone aan wie jy jou kommentaar hier bo rig nie, maar Afriforum neem nie wetstoepassers se werk oor, betreffende die grondgrype nie, nie fisies en ook nie andersins nie. Wat Afriforum wel doen is om mense met regsaksies by te staan en te adviseer.

Jerry ·

Dankie Daniel en Dennis, dit is nou duidellik. Dan is dit nog net die wetstoepassingsmandaat waaroor daar nie duidellikheid bestaan nie, aangesien die minister van polisie die enigste is wie die mandaad mag toeken en sover my kennis strek was dit net oorgedra na die SAPD en metro polisie. By implikasie beteken dit dan dat privaatveiligheid nie wetstoepassend mag optree nie. Logika tel ongelukkig nie punte in die hof nie, maar ek hoor graag wat julle kan uitvind oor die kwessie.

Dennis ·

Afriforum het nie ‘n polisiediens nie, as dit is waarop jy sinspeel, maar hulle kan mos deur die wetlike kanale insette lewer soos per Daniel se antwoord.

Dennis ·

Kom ons spel dit nog verder uit, Afriforum is ‘n waghond en hul tree op binne die mandaat wat deur die grondwet aan hulle gegee is as burgerlike organisasie. As jy ongelukkig hieroor is, beveg die grondwet.

Dennis ·

Ek sien jy het tog nie gelees wat aan jou vertel is nie, maar dele weggelaat en nou stook jy die vuur net oor daardie gedeeltes wat jou pas.

Jerry ·

Dennis, jy is reg ek stook die vuur waar dit nodig is vir die eenvoudige rede om julle te oorreed om die regte dinge reg te doen en dit kan net gebeur as julle n meer redelike houding openbaar en julle onversetlike standpunte aanpas soos wat die situasie vereis. Julle moet aanpasbaar wees en bereid wees om ander standpunte te respekteer soos julle verwag julle standpunte moet gerespekteer word. Julle is gedurig op die agtervoet en slinger beledigings links en regs teenoor mede Afrikaners en Suid Afrikaners. Julle verkeer in n toestand van stagnante indoktronasie dat alles sleg en boos is wat net eenvoudig nie die geval is nie. Julle maak vyande en dan dink julle julle kan so julle belange beskerm. Jy kan nie so jou belange beskerm nie want jy maak dit n teiken! Julle ondermyn goeie en slegte intensies wat tekenend is van indoktronasie! Julle moet begin wakker skrik en begin rede wys in julle standpunte anders is ek bevrees gaan die popo die fan strike en glo my julle is nie daarvoor opgewasse nie! Dit is nou eers genoeg gese, ek hoop ons kan nou versoen.

Dennis ·

Reg so, haal jou frustrasie op my uit en ignoreer die realiteit.

Dennis ·

Sekere mense het in die verlede hul eie radiostasie begin of ‘n eie koerant.

Hello ·

Mooi man! Goed gestel Jerry, na sulke kommentaar kan Dennis nie anders as om met jou te versoen.

Bets ·

Pragtig man, pragtig jy bly maar net die beste Steve hou so aan

Gerhard ·

Met alle respek aan die manne, hulle lees uit geskiedenis boeke wat in 1992 gebeur het. Vat dit nou van ‘n ouer man, dit het nie gaan oor goed soos magsdeling nie. Dit is ‘n tegniese punt waaroor akademici argumenteer. Op voetsoolvlak het mense “debat” gevoer oor hertoelating in internasionale sport, die komende oorlog, wat my pa se, wat die dominee se, ens. Min mense het verstaan dat as jy seggenskap oor jouself weggee is dit weg en as jy dit hou dan het opsies. Dit was die probleem van die tyd.

Willa ·

Steve Hofmeyer is SOOOOO die antwoord vir ons land….ek glo 100% in hom….John het d reg op sy eie opinie…hoewel hy net twak praat- Steve is nie bang vir oud word nie….ten minste kritiseer hy nie net op sisiale media soos jy nie…hy staan op, en of jy dit nou wil weet of nie……ons is bang in ons eie land….hy doen iets…..wat doen jy???? Waar is jou insette in ons land, John???? Los Steve uit….daar is 10000000e van ons wat in hom glo en hom sal ondersteun en volg!!!

Jerry ·

Ditsem Willa, se hom! Jy is reg oor John en jy is ook reg oor Steve!

Schalk ·

Ek dink daar is n hele klomp wat nou tipex soek vir hulle JA stemme?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.