Podlitiek: Taal in skole en spraak bedreig, sanksies teen Rusland styg

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: pixabay)

In dié week se episode #ontnonsens die Podlitiek-span die Wysigingswet op Basiese Onderwys, die nuwe internetsensuurwet, asook die jongste gebeure in die Rusland-Oekraïne-konflik.

Die gesprek skop af met Ernst van Zyl wat gesels oor AfriForum se onlangse hofsaak teen die minister van bosbou, visserye en omgewingsake oor haar besluit om ʼn aansoek van ʼn myn naby die grens van die Krugerwildtuin goed te keur. AfriForum se hofsaak teen die minister was suksesvol.

Die gesprek draai dan na twee nuwe stukke wetgewing, naamlik die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwys en die sogenaamde internetsensuurwet. Daniël spreek sy kommer uit oor albei stukke wetgewing en beskryf wat dit prakties vir ons skole en media gaan beteken. Frederik bespreek die duidelike motiewe agter die wetgewing en hoe ons daarteen moet waak.

Die episode sluit af met ʼn bespreking oor die sanksies teen Rusland en hoe die eerste slagoffer tydens ʼn oorlog altyd die waarheid is. Die Podlitiek-span bly huiwerig om die stryd tussen Rusland en Oekraïne in swart-en-wit terme te beskryf omdat die geopolitieke agtergrond steeds kompleks bly.

Podlitiek lewer nie nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

• Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

Oulike klompie! Hoe lank jul nog menings sal kan lug, is ‘n ope vraag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.