Podlitiek: Verpligte entstof grief en Mbeki se brief

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Unsplash)

In die week se episode van Podlitiek kom verpligte inentings en die brief wat oudpres. Thabo Mbeki aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC geskryf het onder die loep.

Dit kom toenemend voor asof die regering se beste pogings om Suid-Afrikaners te paai nie die vrug afwerp wat die regering verwag het nie, met die gevolg dat pres. Cyril Ramaphosa skynbaar nou die mag wil hê om te kan voorskryf wat ons in ons bloedstrome moet plaas. Die Podlitiek-span kyk die kat mooi uit die boom, en verduidelik waarom hulle, om dit liggies te stel, dink hierdie is ʼn dom en gevaarlike idee.

ʼn Volgende onderwerp is die brief van oudpresident Mbeki aan Jessie Duarte. Mbeki stel vier vernuwingspunte voor, maar die Podlitiek-span wonder of die ANC se probleme werklik net begin en eindig by korrupsie en swak dienslewering. Is die fondamente van die beweging nie van sand gebou wat histories nog altyd in ʼn stadium meegegee het nie?

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Vanoggend op n buitelandse TV-kanaal gesien verpligte entings in S.A. gaan vroeg volgende jaar ingestel word.

Johnny

My eerste luister na Politiek. Wat ‘n verfrissende benadering tot die spesifieke vraagstukke. Ek sal beslis weer luister. Die Afrikaans wat gepraat word is oor die algemeen uitstekend. Vir my is taalsuiwerheid belangrik. Oraloor is die spelling en taalversorging skokkend, om dit sagkens te stel. Woorde word foneties geskryf en afgekort, wat, veral in die geskrewe taal, soms verwarrend kan wees. Ons almal ken seker die “klaar”, “maar” en “daar” wat sommer “kla”, “ma” en “da” word. En dan is daar die anglisismes en woordelikse of selfs lettergreep vertalings van Engelse uitdrukkings of woorde. So ek gaan net so een… Lees meer »

Helen

F Y