Opgestel deur die Podlitiek-span
In die week se episode van Podlitiek kom verpligte inentings en die brief wat oudpres. Thabo Mbeki aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC geskryf het onder die loep.
Dit kom toenemend voor asof die regering se beste pogings om Suid-Afrikaners te paai nie die vrug afwerp wat die regering verwag het nie, met die gevolg dat pres. Cyril Ramaphosa skynbaar nou die mag wil hê om te kan voorskryf wat ons in ons bloedstrome moet plaas. Die Podlitiek-span kyk die kat mooi uit die boom, en verduidelik waarom hulle, om dit liggies te stel, dink hierdie is ʼn dom en gevaarlike idee.
ʼn Volgende onderwerp is die brief van oudpresident Mbeki aan Jessie Duarte. Mbeki stel vier vernuwingspunte voor, maar die Podlitiek-span wonder of die ANC se probleme werklik net begin en eindig by korrupsie en swak dienslewering. Is die fondamente van die beweging nie van sand gebou wat histories nog altyd in ʼn stadium meegegee het nie?
Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.
- Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Vanoggend op n buitelandse TV-kanaal gesien verpligte entings in S.A. gaan vroeg volgende jaar ingestel word.
My eerste luister na Politiek. Wat ‘n verfrissende benadering tot die spesifieke vraagstukke. Ek sal beslis weer luister. Die Afrikaans wat gepraat word is oor die algemeen uitstekend. Vir my is taalsuiwerheid belangrik. Oraloor is die spelling en taalversorging skokkend, om dit sagkens te stel. Woorde word foneties geskryf en afgekort, wat, veral in die geskrewe taal, soms verwarrend kan wees. Ons almal ken seker die “klaar”, “maar” en “daar” wat sommer “kla”, “ma” en “da” word. En dan is daar die anglisismes en woordelikse of selfs lettergreep vertalings van Engelse uitdrukkings of woorde. So ek gaan net so een… Lees meer »
F Y