Podlitiek: Vlak een, belastingbetalers ween en entstoftog kry privaat steun

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Oudergewoonte is Podlitiek terug met ’n bietjie spitsvondige kommentaar op die gebeure van die afgelope week, met spesifieke verwysing na die politieke nuanses en -strominge wat gewaar kan word.

Hierdie week is Hermann, Ernst, Daniel en Paul agter die mikrofoon, en op hul tafel is ’n analise oor die jongste vlak 1-inperking, die begrotingsrede en die implikasies vir die gebruiker, en die privaat sektor se betrokkenheid by die land se entstofprogram.

Die eerste storie wat aan die beurt kom, is dat Suid-Afrika in nog ’n eensydige “familievergadering” deur pres. Cyril Ramaphosa ingelig is dat ons nou maar weer ’n bietjie meer soos grootmense mag optree. Die Podlitiek-span wonder wel waarom vlak 1 en nie vlak 0 nie? Sekerlik is 100 mense in ’n kerkie minder gevaarlik as 150 in ’n saal? Of dalk gaan dit glad nie meer oor Covid-19 nie…

Volgende word daar vinnig oor die begrotingsrede gepraat. Met hul inherente geneigdheid tot ’n kleiner regering en meer vryheid, wonder Podlitiek hoe volhoubaar die huidige belastingregime is. Met aksynsbelasting op ’n bottel wyn wat nou al oor die R10 is, is dit duidelik dat hierdie sektor steeds die stiefkind van die Suid-Afrikaanse regering is, en dit ná 2020 waar baie van hierdie wynproduseerders alternatiewe planne moes maak om te oorleef.

Laastens word daar gekyk na die verklaring onder eed van die departement van gesondheid dat privaat rolspelers ook nou entstowwe mag bekom. Dit is wonderlik dat hierdie ruimte nou geskep is, maar waarom moes die regering eers met regstappe gedreig word voordat hulle in die beste belange van die mense optree?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.