Podlitiek: Vryheidsdag, plaasmoorde en EFF onder vergrootglas

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Opgestel deur die Podlitiek-span

In vandag se episode van Podlitiek kyk Ernst van Zyl en Paul Maritz na drie neerdrukkende nuuskwessies, en bespreek dit só dat luisteraars iets kan wysraak in die aanloop van die nasionale verkiesing, wat minder as twee weke weg is.

Eerstens word die ANC van naderby aanskou. Dit is Saterdag reeds 25 jaar sedert die eerste nasionale verkiesing waaraan die ANC deelgeneem het, en tot dusver het hulle sonder veel weerstand op nasionale vlak regeer.  In hoe ’n mate het hulle die beloftes van 1994 nagekom, en die lewe van die miljoene mense wat elke vyf jaar vir hulle stem, verbeter?

Die volgende onderwerp, waaroor ons oor die jare heen baie gelees of waarvan sommige dalk selfs die slagoffers was, is ’n gewigtige saak. Oor die afgelope Paasnaweek het plaasmoorde en plaasaanvalle drasties toegeneem, en die span bespreek sowel die tragiek van hierdie uitmoorkultuur, as die apatie wat nog maar steeds van die nasionale regering ten opsigte hiervan gewys word.

Vir hul derde onderwerp ondersoek die Podlitiek-span die EFF.  Soos in die afgelope twee episodes word daar op een spesifieke party ingezoem, en hul beleidsposisies, berugte persone, en iets oor hul geskiedenis word bespreek. Die EFF is reeds sedert 2013 ’n doring in die vlees van sommige, en Malema ’n onwaarskynlike held vir ander – maar wat is die presiese beloftes wat die rooies gemaak het in die aanloop van die 2019-verkiesing?

  • Is daar enigeen wat nie ’n ingeligte opinie wil hê as dit kom by politiek en verkiesingsake nie?  Podlitiek bied ’n verduideliking en bespreking van moeilike kwessies op ’n verstaanbare en gesellige manier – moenie jou dosis Podlitiek hierdie week misloop nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

James ·

Goeie “podcast”.

Met ander woorde – J Marais, AP Treurnicht en Kie, was toe REG? Destyds, voor julle twee gebore is. Toe hulle vertel het wat sal gebeur as die ANC toegelaat word om aan bewind te kom?

Gaan vra julle ouers, oor die sondes van die vaders wat deur die kinders gevoel word…

John ·

… ‘sonder veel weerstand’ wat sou beteken dat hul uitstekend regeer, of die volk totaal onderdruk, slinks domineer of met ‘n verflarde, hopelose opposisie te make het. Afrikaners is skynbaar tevrede met ‘n paar ou verteenwoordigers in die parlement wat nie eens die stof op die toonbank voor hul lig tydens ‘n spraakbeurt nie. Die VFPlus het ‘n soortgelyke hièrargie as die ANC… wie opvolg. Oppas tog vir ‘n jongman met meer vim. Hy kan dalk iets bereik. Die DA was die vloer met die paar witmense in sy geledere… maar dis ook maar ok vir die lekker salarissie en die huisie langs die Kaapse kus want verder weg, is sleg vir sensitiewe gestelle… Al wat oorbly is lyke… vir Kaapse begraafplase…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.