Podlitiek: VSA verkiesing – Trump-loesing of Biden-verwoesting?

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Donald Trump. (Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Met die Amerikaanse verkiesing so ’n bietjie meer as twee maande weg, voer die Podlitiek-span ’n analitiese gesprek rakende die kanse en toestand van beide kandidate, asook beide partye wat aan hierdie verkiesing van 3 November gaan deelneem.

President Donald Trump se sterkste punt oor die afgelope jare was die ekonomie en groot hoeveelhede werkgeleenthede wat tot die ekonomie gevoeg is, maar met die koms van Covid-19 het hierdie veer in sy hoed ewe skielik ’n gifpen geword. Hierteenoor het Joe Biden, die kandidaat wat deur die Demokrate benoem is om Trump teen te staan, homself al dikwels weerspreek, en kom dit voor asof hy nie aldag so ’n deurdagte persoon is as wat die Demokrate sou hoop nie.

Hoe word die wenner bepaal, wat is verkiesingskollege, en wat beteken die wedloop na 270 verkiesingstemme? Hierdie tegniese vrae word beantwoord vir die luisteraar wat geen kennis of begrip van die Amerikaanse verkiesingstelsel het nie, maar vir die fynproewer word ’n dieper analise ook gebied, veral van wat die grootste ekonomie ter wêreld te wagte is ná Trump en Biden, omdat hierdie verkiesing ook in ’n sekere mate ’n vooruitskouing is.

Joe Biden. (Foto: AP Photo/Carolyn Kaster)

President Trump se kanse op herverkiesing word nie net oorweeg nie, maar gedebatteer. Sal ’n groter uitkeersyfer die verskil wees tussen Hillary Clinton se 2016-veldtog en Joe Biden se 2020-veldtog, of het baie van die stil massa in die politieke middel groot geskrik vir onlangse optogte, in so ’n mate dat hulle eerder hul lot by die Republikeine sal ingooi?

Hierdie is vrae wat die luisteraar ’n antwoord op kan verwag in hierdie spesiale episode van Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kattebol

Mag Trump wen. Biden is ‘n ramp.

Niklaas

As ek die Trump haters , CNN , se artikels lees , is Biden reeds ingesweer as die nuwe President. Met grootlawaai Kamala Harris as vise president. Dit gaan darem een interessante paar wees .

Human

Amerika onder Trump se bewind is besig om uitmekaar te val. dis die waarheid, nog vier jaar van Trump, totsiens Amerika.

andre

Mag Trump wen .Dis verby met die Westerse wereld as Biden en sy volgelinge wen.Binne maande sal Harris vir Biden opvolg en die VSA sal afgebrand word sonder dat die polisie of National Guard iets mag doen.Die BLM en soortgelykes sal oorneem en China sal sorg vir n kommunistiese regering !