Podlitiek: Wanbesteding en verkiesingsontleding

Opgestel deur die Podlitiek-span

’n Skermskoot van die eerste plasing wat die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit van die Lesseyton-sportstadion op Facebook gemaak het.

Oor bietjie meer as drie weke sal Suid-Afrikaners vir die 12de keer as ʼn demokratiese land na die stembus gaan om leiers te kies. Vir die eerste keer is daar wel ʼn waarskynlikheid dat die ANC, wat tot dusver ʼn eenpartybewind gehad het, minder as helfte van die geplaasde stemme op hom sal vestig. Dit kom voor, ten minste vir die Podlitiek-span, asof die ANC dit weet…

Juis met die oog op die komende verkiesing het die ANC hierdie week ʼn sportstadion in die Oos-Kaap bekendgestel. Sportstadion behoort eintlik met baie groot aanhalingstekens geskryf te word, omdat hierdie projek R15 miljoen gekos het, maar inderwaarheid niks meer is as ʼn klomp kalkstrepe wat onegalig oor ʼn grasperk getrek is nie. Selfs die bekendstellingslint was rooi-en-wit afkampingslint. Die Podlitiek-span vra hulself of geharde ANC-kiesers soos die in die Oos-Kaap nie beter verdien as dit nie?

ʼn Volgende hoofstuk tot die ANC-regering se wanbesteding is die bekendmaking van staatsamptenare se salarisse. Die Podlitiek-span bespreek die 16 salarisbande vir staatsamptenare, en wonder hoe regverdig dit is dat ʼn regering wat so min doen, so baie kry…

Die derde storie op Podlitiek se lippe is die berugte DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal. Nadat die regering ten volle onbevoeg was om burgers tydens onlangse onluste te beskerm, het gemeenskappe, soos die een in Phoenix, die hef in die hand geneem en hulself beskerm. Die DA se plakkate, wat noem dat die ANC sodanige selfverdediging rassisme noem, maar dat hulle dit as ʼn heldedaad beskou, word ontleed.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shakespeare ·

Ek wed dat almal wat daar sit vir die ANC stem. As jy onnosel is moet jy ly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.