Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof?

Opgestel deur die Podlitiek-span

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Na ʼn welverdiende blaaskans is die Podlitiek-span hierdie week terug met hul eerste episode van 2021. Reeds sedert 2018 kan Maroela Media luisteraars uitsien na ʼn weeklikse episode waar die vier lede van Podlitiek die plaaslike en internasionale gebeure van die week ʼn bietjie ontnonsens – ʼn woord wat hulle graag gebruik om hul benadering op te som.

Hierdie week word geloer na die stand van verkiesings in Suid-Afrika, gevolg deur vrae oor die Covid-19-entstof se aankope, en die impak van die huidige onsekerheid in die VSA kom ook onder die loep.

Met 14 wyke wat in Januarie en Februarie reg oor Suid-Afrika na die stembus sou gaan om hul kruisies in tussenverkiesings te trek, het die OVK onlangs bekend gemaak dat hulle hierdie verkiesings liewer sal wil uitstel, met die verkiesings van 3 Maart wat nie in gedrang is nie. Die groter vraag, oftewel die vraag agter die storie, is watter impak Covid-19 op verkiesings in Suid-Afrika gaan hê, en dalk reeds het. Die munisipale verkiesings van 2021 bied aan die ANC ʼn ryke geleentheid om te verbeter op 2016 se uitslae, wat vir hulle alles behalwe rooskleurig was, en die Podlitiek-span wonder hardop oor die aanloop tot hierdie verkiesing.

Die Covid-19-entstof kom volgende onder die loep. Met die ANC wat hulself die voorsprong in verkryging van hierdie middels wil gee, kom die tema van monopolie na vore. Is een verskaffer wat die prys kan beheer en kompetisie sonder meer kan uitskakel werklik die beste benadering tot die inenting van Suid-Afrikaners? Miskien behoort die baanrekord van die Suid-Afrikaanse regering, en bestaande monopolieë, eers in oënskou geneem te word, alvorens dieselfde paadjie weer deurgetrap word…

Laastens beredeneer die span die huidige gebeure in die VSA. Met populisme wat die toneel moontlik onherroeplik verander het, kom dit voor asof eenheid in die VSA uit beheer uit tol. Is dit noodwendig sleg dat daar meningsverskille, en selfs diep meningsverskille, binne die VSA is? ʼn Verdere vraag wat oorweeg word, is die impak van ʼn meer populistiese groep op die Republikeinse party, ʼn party wat ʼn paar ernstige vrae aan homself moet vra in die komende jare.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.