Podlitiek: Werkloosheid, verkiesingstyd en VSA uit Afghanistan uit

Opgestel deur die Podlitiek-span

Foto ter illustrasie: (Foto: Facebook)

Min gereelde Podlitiek-luisteraars sal te verbaas wees dat die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika rekordhoogtes ingeskiet het, dit was immers redelik voorspelbaar.

Dié storie is boaan Podlitiek se agenda dié week, en die span bespreek hoe die regering homself alewig in die pad van sake plaas, in stede daarvan om uit die pad te kom sodat handel en nywerheid kan voortgaan én jongmense werk in die vrye mark kan bekom.

Daar is dan ook weer ʼn segment van die gesprek wat handel oor die komende munisipale verkiesing, en of dit gaan plaasvind. Die afgelope week is ʼn samewerkingsooreenkoms tussen AfriForum en die DA aangekondig, wat natuurlik heelwat kommentaar van verskeie oorde af uitgelok het. Skakel gerus in as hierdie storie jou aandag getrek het.

Die derde storie vandeesweek is ʼn verdere ontleding van die gebeure in Afghanistan, en die Podlitiek-span bring luisteraars op die hoogte van die jongste verwikkelinge en intriges daarvan. Dit kom vir Podlitiek voor asof pres. Joe Biden die guns wat hy tydens die verkiesing geniet het stelselmatig aftakel met ʼn reeks slegte buitelandse besluite.

Al hierdie stories en meer in vandeesweek se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.