Podlitiek: Zuma opgeneem, kabinet-probleem en medaljewenners vervreem

Opgestel deur die Podlitiek-span

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Podlitiek-span is hierdie week terug met nog ʼn uitsending van hul gewilde Afrikaanse politieke podsending. Hierdie week is Paul Maritz en Daniël Eloff agter die mikrofone, en die stories wat onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners.

Soos wat baie mense kon voorspel, het oudpres. Zuma se tyd in die tronk nie lank gehou nie; die nuus dat hy weens mediese redes voorlopig die gevangenis verlaat het, was dus nou nie juis skokkend nie. Wat vir die Podlitiek-paneel meer interessant is, is die storie agter die storie, en hoe die oppergesag van die reg maar weereens onderhewig is aan die wil van maghebbers se wille en wense.

Pres. Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling het niemand te onverwags betrap nie, maar wat wel interessant is, is die skuiwe wat hy gemaak het. Veral die nuus dat Enoch Godongwana, wat voorheen by bedrog geïmpliseer is, vir minister Tito Mboweni as die minister van finansies vervang. Waarheen is die volgende skuif vir meneer Mboweni?

Die derde storie is, soos verlede week, sportverwant, met Saskok wat skynbaar nie geld het om die medaljewenners te beloon nie. Alhoewel die medaljewenners nie ʼn bohaai opskop nie, bevestig dit die skamele toestand van sport in Suid-Afrika wat afhanklik is van staatsbefondsing.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mallie ·

Zuma het alweer een van sy troefkaarte gespeel. So slinks soos n slang. Bereid en gewillig om ttonk toe te gaan en dan is hy SIEK. Ha wat n grap.

melW ·

Waarom mag niemand weet waarom Zuma in die hospitaal is nie?! Volgens die media het sy dokters gesê sy toestand is nie kommerwekkend nie. Sit hom dan terug in sy sel waar hy hoort en dat die aangestelde dokters hom daar behandel. Ń baie siek persoon het sy bed bitter nodig, hierdie situasie het handuitgeruk en wat nou? Genoeg is nou genoeg. Ek kners maar my tande …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.