Podlitiek: Zuma vry, Verkiesings­kommissie gly, Guinee stry

Opgestel deur die Podlitiek-span

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

In hierdie week se Podlitiek-episode is Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee en hulle bespreek onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het.

Zuma het, tot absoluut niemand se verbasing nie, die gevangenis in Estcourt verlaat. Zuma is op mediese parool vrygelaat, ʼn verloop van sake wat ook jare vooruit voorspel sou kon word. Die storie wat deur Podlitiek ontnonsens en bevraagteken word, is die prosedure wat gevolg is, en of daar ruimte is om hierdie parool uit te daag.

Dit is egter nie net korrektiewe dienste wat skynbaar die knie voor die regerende party buig nie, soos afgelei kan word uit die nuus dat die Verkiesingskommissie van voorneme is om die sperdatums vir kandidate vir die komende munisipale verkiesing te verleng. Hierdie verlenging bevoordeel slegs die ANC en die UDM, die twee partye wat nie betyds kandidate in heelwat wyke gehad het nie.

Die derde storie wat vlugtig bespreek word, is die staatsgreep wat afgelope Sondag in Guinee plaasgevind het. Die 83-jarige president is uit die kussings gelig, met die weermag wat tans beheer oor hierdie Afrika-land het. Podlitiek bespreek die verskynsel dat die volk dikwels van die bevryder bevry moet word, en wat dit vir Afrika se toekoms kan en sal beteken.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.