ToekomsVenster: Beoefen die gawe van onderskeiding


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Romeine 14:2 Een glo ’n mens mag alles eet; ’n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.

Is die uitdaging nie vandag dat jy nie meer die wêreld sien as ’n duidelik gedefinieerde selfwerkende eenheid nie, maar dat jy die wêreld sien as ’n samevoeging van kultuurgroepe dwarsoor die wêreld. Jy sien die wêreld nie meer as ver en afgesonderde plekke nie, maar as ’n groot netwerk waar ons ’n paar ure se vlieg van mekaar is.

Hierdie verskynsel word ook globalisering genoem. Ons raak stadig maar seker in sekere aspekte eenders. Die musiek wat vanmôre geluister word in Engeland is ook die musiek waarna ons vanmôre luister. Die wedstryd wat in Australië uitgesaai en gespeel word, is ook die wedstryd wat ons, dalk ’n sekonde later, op ons TV-stelle sien en volg.

Soos grense tussen lande en tussen verskillende groepe vervaag, begin kulturele diversiteit ook vervaag. Makro en mikro kulture is inmekaar gevleg en veroorsaak diverse vlakke van interpretasie. Dit is nie vreemd dat, as jy oorsee gaan en jy luister na die musiek waarna hulle luister, dit dieselde musiek is waarna vandag hier geluister word nie.

Die tegnologie dra hiertoe by. Dit laat mense naby aan ons kom. Ons leef nie meer net in dit wat ons hier kan sien en doen in ons gemeenskap nie – nee, die besluite wat jy neem kan jy letterlik toets teenoor besluite wat wêreldwyd geneem word.

Dink maar aan die impak wat die tegnologie het op kommunikasie, eredienste se sang ens. Die lewe is nie meer net in die konkrete wat ons hier kan vat en vashou nie, maar is ook in die virtuele (dit wat jy kan sien). In ons samewerking tussen hierdie verskillende vlakke van vloeibare verhoudingsgedrewe produkte van kulturele identiteit, word netwerke gevorm en daarom kan die kerk ook nie meer praat van een kultuur nie.

Net soos wat Christene of gestuurdes met hierdie veranderings moet saamleef, het ek reeds op die uitdagings wat dit vir ons kerke saamdra gewys. Om hierdie uitdagings wat veranderings saambring te kan hanteer, bring ons by ’n gawe van onderskeiding. Die kerk sal hierdie gawe moet opsoek en inoefen, want hy wil getrou bly aan God in alles en Sy wil in alles soek. Die gawe van onderskeiding sal die kerk en daarmee saam ook vir my en jou moet help om te kan onderskei waarop dit neerkom. Wat is reg, goed en billik?

Gebed:

O Heilige Gees, net U kan ons help om die wêreld se tale en kulture te verstaan. Ons reis nie maklik meer net met ’n vliegtuig nie, maar ook met ons rekenaar. Ons gesels die wêreld vol, nie net met ons telefoon nie, maar al die nuwe hulpmiddels wat die tegnologie vir ons gee. Help ons om ons woorde só te kies dat U Koninkryk gevestig en gebou sal word. Amen.

Leefwyse:

Dink vir ’n oomblik aan al die mense wat jy ken. Skryf neer wie van hulle almal vriende of familielede het wat oorsee woon.

Iets om vandag oor na te dink:

Die wêreld het naby gekom. Dit beteken die wêreld het klein geword, want familie en vriende bly die wêreld vol. Dink jy nie dit is tyd om dalk met ander geloofsgroepe of kerke in die buiteland ook kontak te maak nie? Jy het dalk so baie wat jy hulle kan bied, maar hulle het ook baie wat hulle jou kan bied.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marianne ·

Bakgat idee!!!!!
Dit gaan ongelukke en padsterftes terminate met 2/3 verminder!!!
Meer VSA deelstate moet in daardie projek bele en dit in plek stel!
S.A moet veral op ons notoriese pad van dood daardie roete volg! Daar is baie dele in ons land waar dit saans amper onmoontlik is om te bestuur!

E ·

Ek lees die artikel en toe kom die volgende gedagte by my op, globalisering en een wêreld orde. Dit is waarna ons beweeg en die bybel leer ons daarvan. Ek stem saam dat daar baie gelowe en kulture is en dat ons mekaar moet respekteer. Jy kan geen mens wen vir die koningkryk as jy alewig oordeel nie. Dit is ń proses en vat baie tyd, soms jare en God gee nie moed op nie.
Maar daar is ook defnitief ń paar dinge waaraan ek vashou en nooit sal prysgee nie, Jesus, geen aanneming van die merk nie en beslis geen ander geloof nie.
God sê self in sy woord sonder liefde is ons niks, en ek glo met liefde kan ons veel meer mense vir die koningkryk wen, maar dit vat tyd, soms baie baie tyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.