ToekomsVenster: Beter om vir iets te sterf as om vir niks te leef nie

Foto: Sven Scheuermeier/Unsplash

Ek hoor iemand hierdie frase gebruik die afgelope week. Wat ʼn raak woord en niks anders as wat die Evangelie ons leer nie.

Matteus 16:24-26 – Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?

Ons is so geneig om waarde te gee aan dinge wat nie ewigheidswaarde het nie. Dit, ten spyte daarvan dat die Bybel besondere beloftes het as ons ons prioriteite regkry

Matteus 6:19-20 – Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

Matteus 6:33 – Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee

Spreuke 3:6 – Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Uiteraard is lewe vir Hom meer as erediens besoek en offergawe gee. Dis ʼn totale oorgawe aan Hom, ʼn lewende en dinamiese verhouding. Dit beteken nie volmaak nie want wie van ons kan in volmaaktheid roem?

Ons is op reis en leer algaande maar ten diepste leef ons met ʼn Jesaja gesindheid.

Jesaja 6:8 – Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.