ToekomsVenster: Dankbaarheid en verootmoediging

Foto: Ben White/Unsplash

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Ondersoek my en kyk of ek nie op ’n smartlike weg is nie. Dis die pad van herstel. – Ps. 139:23-24

Dis die einde van die week.  Kom ons vat saam wat ons beleef het gedurende die afgelope dae.

Daar is fenomenale en merkwaardige dinge wat plaasvind in Suid-Afrika. Baie van God se kinders doen veel meer as wat selfs rederlikerwys van hulle verwag sou kon word. Programme en geleenthede om op die wye front van die samelewing ’n verskil te maak.

Ons het ook die genade dat ons steeds in ’n konteks van vryheid die Here God kan aanbid, die God wat nie stil geword het nie maar deur sy Woord en Gees met ons besig is. Dit omdat Hy getrou is aan die verbond en sy liefde demonstreer het deur die offer van sy seun. Ons, te midde van ’n sekulêre samelewing, het steeds die voorreg om die Here te aanbid en te dien.

Daar is egter ook ʼn ander realiteit . Die van miljoene mense, verteenwoordigend van alle tale en kulture wat midde ongekende armoede leef. Daar is enorme werkloosheid,  in besonder onder ons jongmense. Ons wil nie hê dat, juis toe hulle entoesiasties moes wees oor die lewe, hulle moed verloor vanweë die worsteling om ʼn betrekking te kry nie.

Vroue en kinders wat verwaarloos word en  politieke onsekerheid maak ons senuagtig.

Dit is te midde van hierdie realiteit dat ons dankbaar enersyds, maar in verootmoediging andersyds, na die Here kom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frieda ·

Dankie Here dat ek kan luister na U woord hier en dit kan inneem en saam bid.

Lena Jonk ·

Ons bid en vra vir Genade ons Helmel Vader dat U volke sal laat saamstaan in SA en dat daar weer vrede en voorspoed in daardie mooi land sal kom. Straal U Genade asb uit Jesus, ons mense kry swaar, maar dankie dat ons vertroue en geloof het dat U redding sal kom.

Mientjie ·

DANKIE ABBA VADER VIR U GENADE ONBESKRYFLIK GROOT. HELP ONS ELKE DAG OM VIR MEKAAR EN ONS LAND TE BID EN MEKAAR SE LASTE TE BID. Vergewe ons menigvuldige sondes en help.ons om elke dag in U LIG TE LEEF EN U WERK TE DOEN. DANKIE VIR U SEUN WAT VIR ONS GESTERF HET EN ERKEN HOM AS MY ENIGSTE VERLOSSER. DANKIE VIR SY BLOED EN U GEES .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.