ToekomsVenster: Hier kan ons begin


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Lukas 10:1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.

Jy is nou ’n gestuurde; jou hart klop om weg te spring en te kyk waar die Here klaar besig is. Saam met ander gelowiges sien julle die lig skyn (Julle het met die gawe van onderskeiding tot die besef gekom waar God nou besig is) en nou wonder julle hoe gaan julle nou suurdeeg wees op daardie plekke. Nou weet jy dat julle meer gelowiges daar betrokke wil kry. Julle gaan nou gemeente toe, want die gemeente is die voertuig wat ons as lidmate kan gebruik om meer mense te kry om ’n groter verskil te maak.

Gemeentes moet ruimte skep. Maak seker dat julle gemeente ruimtes skep waar mense ’n geleentheid kry om ook deel te neem aan God se roeping. Gestuurdes moet soos hulle deur die Gees gelei word, deelneem en nie voel daar is nou genoeg mense betrokke nie.

Gemeentes het ’n bepaalde manier van funksionering. Elke gemeente het bepaalde strukture wat gebruik word om die daaglikse funksionering te doen. Bestaande strukture moet geëvalueer word sodat die strukture kan verander en vernuwe om beter gebruik te kan word. Dit is belangrik dat ons elkeen ons gemeente sal verstaan en sal weet hoe hierdie struktuur inmekaar steek. Ons moet mekaar help om die gemeentepraktyke te verstaan.

Gemeentes moet hulle DNA evalueer. Evalueer die bestaande strukture, want gestuurdheid is die DNA van die kerk. Dit is nie iets wat iemand anders namens die kerk kan doen nie. Die kerk word in hierdie wêreld ingestuur.

Gebed:

Vader help ons om doodeerlik te wees oor ons motiewe. Gee vandag vir my insig om my deelname aan die groter kerk te evalueer. Ek bid vir die kerk waarvoor ek so lief is – laat U wil geskied. Amen.

Leefwyse:

Watter bestaande strukture kan jy gebruik om die evangelie op ’n nuwe manier oor te dra? Dink hier aan julle jeugbediening. Dink jy nie die Here praat met jou oor ’n bediening nie?

Iets om vandag oor na te dink:

Onthou, daar moet strukture wees in ’n organisasie. As die strukture groter raak as die organisasie, raak dit ’n probleem. Wat dink jy van die organisasies, inkluis die kerk waaraan jy behoort? Het hulle goeie strukture? Gaan dit nie méér om die strukture as om die inhoud of boodskap nie?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.