ToekomsVenster: Kerk en leierskap


stil2

Foto: pixabay.com

Matteus 16:17 “Gelukkig is jy Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ’n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Leierskap is die mense wat leiding neem. Ek weet nie of jy deel is van jou kerk se leierskapstruktuur nie, maar as jy gestuur word (almal word gestuur), is jy ’n leier.

Enigeen wat in leierskap is sal weet hoe beperk jou eie insig en wysheid is. Die belangrikheid van mense wat intree vir ons leiers moet nooit gering geag word nie.

Leierskapstrukture moet verander. Met al die ontwikkeling op tegnologiese terrein en die beskikbaarheid van inligting maak dit dat leiers nie meer die rol het wat in die verlede aan hulle toegeken was nie. Leiers was toe mense wat iets geweet het en kennis gehad het. Vandag is dit nie meer so nie. Kennis en inligting is vrylik beskikbaar met behulp van Google.

Leierskap moenie mag om hulself sentreer nie. Leierskap beteken nie ek is in beheer en dat ek die magtigste onder ons is nie. Leierskap is juis dat ek die gestalte van ’n slaaf sal aanneem en diensbaar sal wees vir mense. Ek sal die spreekwoordelike voete was van dié wat ek lei.

Wat die kerk aanbetref moet die kerkstruktuur so verander dat daar ruimte is vir lidmate wat leiding gaan of wil neem in die beoefening van wat hulle glo die Here hulle in sal lei.

Gebed:

Ons wil vandag vir al ons leiers bid. Hulle wat in die kerk geroep is om mense te dien; ons ouderlinge, diakens wat die nood van mense raaksien en vir elke gelowige wat ’n Koninkryksburger is en wat daarom ambassadeur van God se Koninkryk is. Amen

Leefwyse:

Almal van ons is op ’n manier ’n leier. Die outyd waar daar net een leier was, is verby. Dink oor jou eie leierskap. Is jy in ’n leiersrol en indien nie, hoekom nie? Indien wel, het jy al jou droom met die mense om jou gedeel?

Iets om vandag oor na te dink:

Dink aan hoe leierskap deur die jare verander het. Dink aan die “ou” leiers wat goed kon praat en rede voer. Dink aan vandag se leiers wat meer luister en meer die gevoel van die groep weergee. Watter van hierdie style verkies jy?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waarheid ·

Hierdie siening is ongelukkig onbybels….

Demokrasie is ongelukkig nie bybels nie. Jesus is die beste voorbeeld van leierskap. Hy het gelei deur Sy voorbeeld van opoffering, maar het nie teruggestaan vir sy dissipels nie. Inteendeel het Hy hulle telken gewys op hulle foute en klein geloof. regdeur die bybel is dit duidelik dat leierskap eerstens aan een man toegeken word en daardie man word ondersteun deur ‘n span…. Ons wil te graag deur ons kultuur en leefwyse ons geloof oortuigings verander. Indie geval is dit net ‘n kwessie van tyd voordat alles relevant raak en niks meer konkreet en absoluut is nie

Burger ·

Fantasties , as dit gebeur binne die kerk , beteken dit hy raak lewendig . God keer terug. Mense het nie die geleentheid om binnie die tradisionele kerk hulle te bekeer nie . Daardie proses wat selfs deur die kerk bestuur en n vals gemoedsrus word geskep. Die instelling het God geraak , m.a.w ‘n afgod.

Bybels … lees die pligte van ouderlinge en diakens in die Bybel. Hulle moet eerstens geestelike bedienaars wees . Om dit te kan wees moet jy aan God behoort en dan kan bedien en versorg. Vandag is die fokus die onderhoud van ‘n instelling.

Dink net somtyds het ons nie ‘n idee met wie en waarmee ons te doen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.