ToekomsVenster: Omgewing of konteks


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Matteus 25:35 want, Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gehuisves; Ek was sonder klere en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het my verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.

Dink vir ʼn oomblik na oor waar jy kerk beoefen. Hoe lyk die konteks? Wat is die vernaamste kenmerk van die omgewing waar jy bly? Hoeveel mense bly daar? Wat is hulle inkomste? Waar koop en ontspan hulle? Dit is alles deel van die konteks. Natuurlik is hierdie vrae alles deel van die oppervlak konteks waar jy kerk beoefen. Daar is heelwat dieper vrae wat ons ook hiermee op die tafel sou kon sit – Wat is die waardes in julle gemeenskap? Hoe hanteer julle mense?

Ek begin met hierdie vrae om iets te wys van hoe belangrik dit is dat die kerk en die konteks nie vreemd vir mekaar moet wees nie. Ons kan nie groot en moderne geboue oprig in arm plakkerskampe nie. Die kerk moet nie wêreldvreemd wees nie.

Soveel te meer die bedieninge wat die kerk het. Die teks wys daarop dat dit gegaan het oor dors en honger – jy het dit raakgesien. Hoeveel kerke dink jy sien nie die nood in hulle omgewing raak nie?

Ek moet ook iets sê oor die vreemdeling en die vriendelikheid teenoor vreemdelinge. Die gawe van gasvryheid is iets wat kerke op baie plekke nog moet beoefen. Is mense regtig gasvry? Dink jy dat enige mens, ongeag van sy inkomste, kleur of opvoeding, welkom is in julle kerkgebou?

Gebed:

Ek dink vandag aan die armes in ons omgewing; hulle wat nie brood of kos het nie. Ek dink aan kinders wat sonder families grootword. Mag ons kerk, ons wat gestuur is in hierdie wêreld, iets hieraan doen. Amen.

Leefwyse:

Teken weer jou gebied op ’n papier. Wat sien jy? Vul nou op hierdie papier ook die verskillende kultuurgroepe in. Waar werk en woon die mense wat in die omgewing is en skryf neer of jy dink die groepe verskil.

Iets om vandag oor na te dink:

Doen gereeld die oefening om jou gebied te evalueer. Kyk en praat met ander, maak seker dat julle besig is met die regte goed. Julle is dalk besig om geld in te samel om die gebou te verander, terwyl daar ’n behoefte is om vir die immigrante Engelse klasse aan te bied.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theuns ·

Here verander ons land dat ons nie so wantrouerig sal wees om ons hand vreesloos na ons medemens sal kan uitsteek nie. Amen.

Sanet Steyn ·

Kan ek ook dit elke dag kry of soos julle dit uit stuur asseblief, dit gee soveel krag vir my.

Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.