ToekomsVenster: Ons mis die Gees

Foto: Marc-Olivier Jodoin/Unsplash

Die afgelope tyd verskyn heelwat briewe van lesers wat voel dat die inkleding van die erediens in hoofstroomkerke hul vervreem en onvervuld laat.

Hulle is opsoek na die stilte en gemoedelikheid wat tradisioneel met die erediens assosieer word en voel klaarblyklik dat musiek in eie idioom veral veroorsaak dat die erediens nie meer as ʼn heilige gebeure beleef word nie. Die persoonlikheid van die leraar is ook ter sprake en hy vertoon te gemaklik as deel van die res van die geloofsgemeenskap. Hy is na alles ʼn gesant van die Here en moet derhalwe uitstaan of iets dergeliks.

Dit herinner my aan my ma se goedige verwyt dat ek nie die profiel van ʼn dominee gestand doen nie. Met my lang hare (destyds) en moderne uitkyk op die lewe was ek onherkenbaar as dominee. In háár tyd kon jy sê “daar stap die dominee!”

Terug by die briewe van lesers. Die kerk bestaan uit mense. Daar is nie ʼn kerk naas die kerk nie, so asof die kerk iewers in Pretoria sy of haar hoofkantoor het nie. Ons is die kerk van Christus. Ons reflekteer Hom in hierdie wêreld. Ons volg ook sy voorbeeld. (Fil.2)

Die Boodskap sal vir altyd dieselfde bly. Dit mag nie verander nie. Jesus, Koning oor alles en almal. Redder van hierdie wêreld. Kortom, die Twaalf Artikels soos dit deur al die eeue bely is en word.

Die inkleding van daardie boodskap word in die idioom van die mense aangebied wat daarna luister. Kyk gerus rond en let op hoe die hele kerkgebou die invloed van nuwe eietydse insigte vertoon. Klanksisteme, effektiewe beligting, sekuriteitsreëlings, tegnologiese vooruitgang word vrypostig ingespan om die groot taak van Evangelie verkondiging te komplimenteer.

Die elektroniese orrel is niks minder as ʼn tegnologiese wonder nie.

Musiek, taal, die dominee is nie die probleem nie.

Dis die gemis aan die teenwoordigheid van die Heilige Gees, die kragtige aankondiging van die verlossingsboodskap en Woordverkondiging wat mense leeg huis toe stuur. Dis Woordvaardigheid om die lewe te kan hanteer. Dis die dors na God.

Geen instrument of die afwesigheid daarvan kan vir bogenoemde instaan nie. Ons het ʼn nuwe besoek van God nodig.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Here stort U Gees oor ons uit…..ons het U so bitter nodig…was ons skoon…in Jesus Naam

OWO ·

Dit is nodig dat Christene van tyd tot tyd nuwe ervarings met Christus deur die Gees het.’n Verhouding moet nuwe ervarings en nuwe hoogtepunte kry.Daar is baie ruimte vir groei in die geloofslewe.’n Mens se ervarings met die Here sal ook saamhang met jou persoonlikheid.Elke mens loop iets van ‘n eie pad met die Here.Die tipe ervaring en die interpretasie wat jy daaraan gee sal sterk beïnvloed word deur die groep waarvan jy deel is.Dit is nie onmoontlik dat twee groepe presies dieselfde ervaring het,maar dit verkillende name noem nie. Hoe besoek God ons?Maak Jesus se karakter jou eie.Gal 5:22.Dit moet groei in jou lewe.Dit is die oorgawe aan die Heilige Gees.(Heiligmaking)

Willie ·

Ds Jannie se boodskap oor die Kerk is bemoedigend. Maar die mens Moet Kennis neem dat die gebou waarheen hulle sondag gaan is nie die plek om still te raak nie. Jy moet by jou huis in jou binnekamer gaan om stil te word en God se nabyheid te ervaar en te aanbid.

Elizabeth ·

Ek is nie meer jonk nie, maar ek is baie aanpasbaar, en voel tuis waar God geloof en geprys word, en waar Sy woord aan ons ‘oopgebreek’ word, en ons net meer en meer van Hom kan leer – Sy woord is altyd nuut vir my. Die opening, en afsluiting van ‘n Erediens – Votum en Seëngroet, het ek altyd met kinderlike opgewondenheid my eie gemaak, – maar in die ‘nuutheid’ van die tyd word daardie kosbare deel, wat vir my, my lewe lank so baie beteken het, nie meer gedoen in ons kerk nie. Dit is asof ek dit bly soek, en voel nogal ‘leeg’ wanneer ek huistoe gaan. Is die Seëngroet dan nie meer relevant?

OWO ·

@Elizabeth.Ek dink die Seëngroet is nog baie relefant vandag.Dit word in ons denominasie gereeld gebruik.As jy sterk daaroor voel,neem dit gerus met julle leraar/s op.Hulle moet vir jou ‘n antwoord gee indien dit nie meer gebruik word nie.Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.