Pretoriase radiostasies maak skoonskip met dié toekennings

Die wenners van die gesogte Radio-toekennings is Vrydag bekend gemaak. (Foto: Twitter)

Die wenners van die gesogte Radio-toekennings is Vrydag bekend gemaak en Pretoriase radiostasies het die toekennings ingeryg.

Jacaranda FM is as kommersiële radiostasie van die jaar aangewys, terwyl Tuks FM as die kampusradiostasie van die jaar gekroon is.

Jacaranda FM het ook verskeie ander toekennings ontvang, waaronder die toekenning vir die beste kommersiële oggendprogram (Breakfast with Martin Bester) sowel as die beste kommersiële middagprogram (Scenic Drive With Rian).

Dié radiostasie het ook ’n toekenning vir beste gemeenskapsprojek (Good Morning Angels – Breakfast with Martin Bester) in die kommersiële afdeling ingepalm.

Breakfast with Martin Bester het ’n toekenning ontvang vir beste inhoudsvervaardiger in dié afdeling, terwyl Weekends with Kenzy as die beste naweekprogram aangewys is.

Ander Pretoriase radiostasies soos Pretoria FM en Groot FM het ook vanjaar as wenners weggestap.

Pretoria FM is aangewys as die radiostasie met die meeste stemme in die luisteraarskeuse-afdeling. Die radiostasie het ook ’n toekenning ontvang vir die beste promosie of geleentheid vir sy insetsel “Grendeltydverhale” wat gedurende Klankkoerant Bylaag uitgesaai is.

Groot FM se Ruben Delmage is aangewys as die beste omroeper van ’n middagprogram in die gemeenskapsafdeling.

Van die ander vernaamste wenners is die bekende omroeper Anele Mdoda van 947 wat as beste kommersiële omroeper van ’n oggendprogram aangewys is.

RSG se “Bloedmaan” het ook ’n toekenning ontvang vir beste dramaprogram.

Die Afrikaanse gemeenskapsradiostasie Radio Helderberg het twee toekenning ontvang vir sy middagprogram Cruise Control en aandprogram Weeknights with Lindi, terwyl die Johannesburgse radiostasie Hot 91.9 FM as gemeenskapsradiostasie van die jaar aangewys is.

Sien die volledige lys met wenners hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.