Groblerspruit: Episode 44 – Slot


groblerspruitMet hierdie episode moet ons ongelukkig vir Roelof, Alida en die mense van Groblerspruit groet. As jy in die omgewing van Sabie is, kyk uit vir die bordjie: Groblerspruit. Teen die hange sal jy Roelof se koffieplantasie sien. Die bome het weer uitgeloop na die brand. Draai gerus in en gaan drink ‘n koppie van sy heerlike Arabica koffie en gesels met hom. Hy sal lag en sê: “… en jy’t gedink dis net ‘n radio-storie, né.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

11 Kommentare

Cindy van der Merwe ·

Ag nee nou is dit klaar. Ek het elke dag so uitgesien na die storie. Nie ‘n episode gemis nie.
Wat gaan ek nou luister.
Baie dankie vir die storie – was lekker.

Cindy

Basie Botha ·

Hoekom???? Ek is een van baie, wat op Radio Rosestad luister in Bloemfontein. Het groot geword met middag stories, nou weer, waarom die uitsending stop, in die middel van alles, terwyl daar legio moontlike komplotte en slande in die gras kan wees.

Ronell ·

Daar is dan oorspronklik gesê dit is 65 episodes. Hoekom stop julle nou na net 44 episodes? :(

Suné van Heerden ·

Dagsê Ronell

Dankie vir jou boodskap.
Ons vra om verskoning, ons moes die rede vir die vroeë afsluiting duideliker op die webwerf gekommunikeer het. Die onderskeie radiostasies wat die verhaal uitgesaai het, het ʼn klankinsetsel uitgesaai om te verduidelik wat gebeur het.

Die skrywer, Evert Snyman, is vanjaar op 25 September skielik oorlede nog voordat hy die reeks kon klaarskryf (lees meer: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/bekende-omroeper-evert-snyman-oorlede/)

Evert en sy vrou het gereeld saam aan die verhale geskryf en sy sou aanvanklik wel saam met Bettie Kemp die res van die episodes skryf, maar sy was ongelukkig emosioneel nie sterk genoeg om die verhaal klaar te maak nie. Ons moes dus ongelukkig noodgedwonge die reeks kortknip.

Evert laat ʼn groot leemte in die Afrikaanse radiobedryf.

Die goeie nuus is dat ʼn radiodrama vir volgende jaar reeds beplan word. Bly dus ingeskikakel!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

MARIANA LESSING ·

Ag nee nou het julle my hartjie seer gemaak, net lekker geluister en nou is alles klaar. Baie, baie dankie vir ‘n puik storie wag vir die volgende een want wat gaan ek nou luister. Groete Mariana

[email protected]@ ·

Dankie vir ‘n pragtige storie! Dit was heerlik om elke dag ‘n welverdiende blaaskans te vat en die drama en intriges oor ‘n koppie koffie te geniet! Ons het ook as kind vervolgverhale oor die radio gevolg! Ek kan nou nog stemme as die karakters in vorige stories herken! Nou sien ek baie uit na die volgende storie!

Ronell ·

Hallo Suné,
Baie dankie vir jou terug voer. Ek verstaan nou en alle simpatie aan Mev Evert.
Kan nie wag vir die nuwe drama. Bring kleintyd herinneringe terug van ek en my ouma wat radiostories sit en luister.
:)

Hettie ·

Baie dankie vir ‘n wonderlike storie. Ek kon nie wag vir die volgende dag se storie nie. Kan nie wag vir die volgende radio storie nie. Dankie aan almal wat dit so interestant maak.

Jan Haywood ·

Ongelukkig kon ons nie die storie klaar luister nie aangesien Pretoria FM se uitsaai frekwensies verander het en die Magalies sender (106.6) waarskynlik gesluit is. Ek sal ‘n plan moet beraam om die hele vervolgverhaal te kry op skyf. Die paar episodes wat ons wel geluister het was van uiterste luistergenot. Baie dankie. Ons hoor graag van die volgende een.

Gijs ·

Dankie vir die lekker en pragtige storie! Ek het elke aand ‘n stukkie teruggeluister en ek het dit baie geniet. Ongelukkig is die reeks kortgeknip, maar ek verstaan hoekom. Ek hoop iemand sal in die toekoms die storie afskryf en tot die tyd sien ek uit na die volgende!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.