[Luister] Episode 1: Staal Burger weer in fokus

 Staa-Burger.jpgDis sulke tyd. Staal Burger en sy trawante moet Drakensberge toe, want ʼn slim boef en ʼn dom boef probeer om al die data van die kunsfeeste te steel vir eie gewin en wins.

Wie en wat is Staal Burger?

Staal Burger is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 26 weke, wat op verskeie gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai word, te danke aan die borg AfriForum, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Die borgskap het ons in staat gestel om Staal Burger te laat herleef, natuurlik met ʼn kinkel.

Luister gerus Staal Burger op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na die lys radiostasies en uitsaaitye. Andersins kan jy die weeklikse episode sommer net hier op Maroela Media (elke Maandag) kom luister. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

Die rolverdeling is soos volg:

  • Verteller: Martin Jansen
  • Staal: André Retief
  • Koos: Lochner de Kock
  • Dada: Karin Retief
  • Willem: André Stolz
  • Doedie: Daniélle Retief
  • Vis: Anton Dekker
  • Vlees: Andreas Jordaan
  • Advokaat Gerrie Nel: Advokaat Gerrie Nel

Regisseur: Roelf van Jaarsveld
Skrywers: Roelf van Jaarsveld, Martin Jansen, André Retief
Klankversorging: André du Toit, WOW-produksies
Vervaardiger: André Retief vir Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Yster ·

Puik, baie dankie vir jul moeite om die Legendes te laat voortleef.

Dalk, as Staal (en ander karakters) net so rapsie stadiger en meer afgemete kan praat, kom Staal se super koel-geit, die stil-sterk man van min woorde, beter deur?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.