[Luister] Episode 4:  Staal Burger en die Long Tom

Staal-Burger-1.jpgStaal Burger moet sy wegbreek na Lydenburg onderbreek om twee sogenaamde sirkus-artieste wat ʼn bank wil beroof, te kortwiek met hulp van die Long Tom-kanon.

Wie en wat presies is Staal Burger?

Staal Burger is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 26 weke, wat op ʼn hele klompie gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai word te danke aan die borg, AfriForum, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Die borgskap het ons in staat gestel om Staal Burger te laat herleef, natuurlik met ʼn kinkel.

Luister gerus Staal Burger op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy die weeklikse episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en ook inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds misgeloop het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

Die rolverdeling is soos volg:

  • Verteller: Martin Jansen
  • Staal: André Retief
  • Koos: Lochner de Kock
  • Dada: Karin Retief
  • Willem: André Stolz
  • Doedie: Daniélle Retief
  • Vis: Anton Dekker
  • Vlees: Andreas Jordaan
  • Advokaat Gerrie Nel: Advokaat Gerrie Nel

Regisseur: Roelf van Jaarsveld
Skrywers: Roelf van Jaarsveld, Martin Jansen, André Retief
Klankversorging: André du Toit, WOW-produksies
Vervaardiger: André Retief vir Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae