Luan Jacobs het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi. Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee. Gaan lees gerus meer oor dié projek.
Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas elkeen met verskillende karakters en ‘n ander storielyn.
Skrywer: Luan Jacobs
Redigering: Johan Riekert
Tegniese versorging: Marius Vermaak
Opgeneem by Maroela Media
Let wel: Maroela Media was glad nie betrokke by die storielyn en saamstel van die radioproduksie nie. Maroela Media het slegs ondersteuning gebied in terme van die gebruik van die ateljee en verspreiding van die drama.