[Luister] Vuurvreters: Episode 38

 Sleutels_vuurvreters.jpg

Foto: pixabay.com

Ouma Leonie Verster is weer vol planne. Sy wil met rasse skrede vooruitgang maak. Maar is sy suksesvol …

Wat presies is Vuurvreters?

Vuurvreters is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 24 weke, wat op 33 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan borge, soos attooh!, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Vuurvreters op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

Die rolverdeling is soos volg:

  • Agent Henry Vogel – Antowan Nöthling
  • Agent Sally Bloemhof – Su-an Müller-Marais
  • Direkteur Victor Fransman – Anton Dekker
  • Septimus Steyn – Lochner de Kock
  • Leonie Verster – Bettie Kemp
  • Tina Truter – Ria Smit
  • Rhoda van der Ross – Heidi Mollentze
  • Adjunkminister Titus Bantjies – Duncan Johnson

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnici: Schalk Vorster en Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Abezt ·

Hi daar waar is die podsending. Niks is gelaai vir vandag se storie.

Janie du Plessis ·

Dagsê Abezt.
Dankie vir jou navraag. Ek is nie seker wat jy vra nie. Die nuutste episode van Vuurvreters, Episode 38 (die een waarop jy nou kommentaar gelewer het), is al vanoggens om 08:00 gepubliseer. Let asseblief op die datum bo.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Janie du Plessis ·

Dagsê Abezt,
Daar staan 00:00, maar wanneer jy op die ‘speel’ pyltjie druk, sal jy sien dit verander na 06:12 toe. So druk net die pyltjie om die verhaal te begin speel.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.