Seweweekspoort: Aan die einde van die reënboog (Episode 60)

familie

Foto: Maroela Media.

Rocco sê vir Monica hy gaan Sewes aangee by die polisie. Sy laat weet Sewes van Rocco se planne en pleit dat hy nie vir Rocco moet seermaak nie. Sal Sewes na haar luister?

 

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

zelda ·

is daar nie n boek wat n mens kan koop om die Seweweekspoort te lees nie. ek kry nie kan om daarna te luister nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.