Seweweekspoort – As die donker vir jou wag (Episode 38)

familie

Foto: Maroela Media.

Terwyl Rocco en Sewes die dwelmhandelaars inwag by ʼn ou ruïne in die nag deel hulle hartsgeheime: Sewes vertel van die jarelange droom wat hy najaag … en Rocco vertel van sy ontdekking toe hy sy vorige liefde Monica gaan soek het in Johannesburg. Frans, Theuns en David moet die groot erfstuk van ʼn lessenaar (in die stoorkamer op die plaas) op David se trok laai vir die fees. In die proses ontdek hulle iets belangriks in een van die laaie.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae