Seweweekspoort: Die mot en die kers (Episode 62)

voorslag

Foto: Maroela Media.

Theuns en Lia klop by Naomi aan vir hulp om Sewes te stop en Rocco uit sy kloue te red. Rocco probeer sy bes om Sewes te oorreed om Monica vry te laat. Lia moet die opsporingsapparaat in Sewes se bagasie in sy kamer gaan wegsteek. Intussen kom Sewes by sy kamer aan en sien die deur is oop…

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae