Seweweekspoort – Die plan (Episode 37)

voorslag

Foto: Maroela Media.

Sewes en Rocco verskuif die tasse van die grot na die bouvalle … en wag die dwelmhandelaars in. Rocco ontdek tot sy skok dat Sewes swaar gewapen is. Sewes verras Rocco verder met nuus oor Beneske se verlede en syne. Marie, Beneske en Naomi werk hard aan die laaste feesreëlings …  en stel tussendeur die gemmerbier en Maroela-mampoer op die proef – hu nuwe Maroelafontein Special. Naomi bieg sy is heimlik verlief op iemand in die omgewing. Marie is gespanne oor die nuus wat die man van waterwese op die fees gaan aankondig.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae