Seweweekspoort: Elke donker wolk het ʼn silwer rand (Episode 65 – Slot)

familie

Foto: Maroela Media.

Sewes word met ‘n pylgeweer geskiet en beland in die rivier. Marie-hulle probeer om vir Rocco uit die boot te red. Arendskuil kry ‘n nuwe baas en die Rhodes-diamante… lê op die rivierbodem… of so dink almal. Rocco kry ‘n verrassende oproep.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Samster ·

Ag nee, nou gaan ek onttrekkings simptome kry. BAIE dankie vir julle PUIK program. Dit het my so lekker laat verlang. Die agtergrond geluide het my sommer lekker laat verlang na die goeie ou dae. Kyk selfs my katte het saam geluister, maar as daai jakkalse skreeu het hierdie Nieu Seelandse katte erg gesoek! Nieu Seeland se koue word sommer opgevrolik.

Baie dankie, maar ek WENS so daar kan vir elke radio program ‘n tweede reeks kom, Boggemsbaai en Groblers spruit ook.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.