Seweweekspoort – Familietyd (Episode 1)

familie

Foto: Maroela Media.

Ontmoet die Woltemades van die familieplaas Arendskuil in die Seweweekspoort-omgewing, in die Klein Swartberge.

Oom Frans is in hart en siel ʼn boer. Sy tweede vrou, Beneske, ʼn veel jonger stadsmeisie, sukkel egter met die plaas se stilte en eensaamheid. Lia, die jongste kind, kom onverwags terug van universiteit waar sy studeer. Ouboet Rocco moet haar op die stasie by Maroelafontein gaan haal. Ouma Marie gee hom streng opdrag om nie vir Lia uit te vra oor die rede vir haar skielike terugkeer nie. Rocco is duidelik beter met sy stock cars se enjins as met mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê,

Baie dankie vir jou navraag! Gaan kyk gerus op ons programskedule om te sien watter radiostasies saai Seweweekspoort uit. Jy is ook welkom om na die podsendings van die radiovervolgverhaal op Maroela Media te kom luister indien jy een van die episodes op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie gemis het!

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Marietjie Pretorius ·

Dankie vir die enetjie. Ek luister te lekker.

Wil weet ·

Dankie Esté Meyer Jansen, volgens die skedule is dit 10:05 op Bay FM. Ek luister al vanaf 10:00 en dis nou 10:10 en daar is net musiek wat speel. Is die tyd verkeerd op die progremskedule?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê,

Bay FM het Woensdagoggend laat weet dat hulle die uitsaaityd vir Seweweekspoort na 09:45 aangepas het en ‘n herhaling sal die volgende oggend 04:45 uitgesaai word.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.