Seweweekspoort – Die pad is lank en nou (Episode 2)

tegno

Foto: Maroela Media.

David Ruiters het ʼn karweisaak en weet wat in almal se lewens aangaan op Seweweekspoort. Ouma Marie en David bespreek die naderende groot gebeurtenis op die dorp: die basaar. Beneske neul by Frans… sy wil wegkom van die plaas na ʼn groter dorp. En dan is daar die tergende geheim rondom die jongste dogter Lia se skielike terugkeer plaas toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Vra maar net ·

Hoekom kan dié dramas nie op RSG ook uitgesaai word nie? Die programskedule dui aan dat die drama op Bay FM om 10:05 uitgesaai word. Daar was gister slegs musiek en praatjies wat gelewer was en ja, die was Bay FM.

In Bfn was daar aangedui dat die vorige drame op Radio Rosestad uitgesaai sou word op ‘n sekere tyd. Dit was nie die geval nie. Sou baie graag die drama’s wou luister, maar hoe kan dit op stasies uitgesaai word wat nie by die tye hou as dit enigsins daarop uitgesaai word nie, bygesê????

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê,

Baie dankie vir jou navraag!
Onthou jy kan altyd hier op Maroela Media kom luister na die podsending van ‘n episode indien jy dit op jou gunsteling gemeenskapsradiostasies misgeloop het.
Bay FM het vanoggend laat weet dat hulle die uitsaaityd vir Seweweekspoort na 09:45 aangepas het en ‘n herhaling sal om 04:45 uitgesaai word. Ons het ook by Radio Rosestad navraag gedoen oor die radiodrama se uitsaaityd.
RSG is ‘n openbare radiostasie en vervaardig hulle eie radiovervolgverhale terwyl Seweweekspoort spesiaal aan gemeenskapsradiostasies verskaf word.

Hoop jy luister lekker saam met ons!

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Vra maar net ·

Dankie Esté. My rekenaar by die werk het nie luidsprekers nie so ek sal nie oor Maroela kan luister nie, maar dankie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.