Seweweekspoort – Bo blink maar onder… (Episode 29)

stralerjakker

Foto: Maroela Media.

Frans kom met sy nuwe bakkie op die plaas aan en is vir die eerste keer in ʼn lang tyd in ʼn goeie bui. Esmerelda vra Sewes se hulp met die dwelmtasse. Frans neem Beneske vir ʼn plesierrit in die nuwe bakkie tot by die mooiste uitkykpunt… met vonkelwyn. Die liefde blom weer tussen hulle.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae