Seweweekspoort – Ongenooide gaste (Episode 5)

stralerjakker

Foto: Maroela Media.

Ouma Marie werk hard om alles reg te kry vir die jaarlikse basaar op Maroelafontein, ʼn hoogtepunt op die sosiale kalender in Seweweekspoort. ʼn Boheemse niggie, Esmerelda, maak onverwags weer haar opwagting op Arendskuil en ou skandes begin uitpeul. Die vroue van die omgewing het hulle mes in vir haar na die vorige basaar. Beneske maak haar hart oop teenoor Theuns, die middelste kind, oor haar huwelik met sy oom Frans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

rose ·

Op watter radiostasie word die vervolgverhaal uitgesaai ek is in die noordwes

Corne Nel ·

Goeie dag

My ma is besig om blind te word en behoort aan die die Boekklub vir blindes. Is daar dalk ‘n manier hoe ek hierdie storie vir haar in die hande kan kry.

Kan ek dit iewers bestel.

U hulp sal waardeer word.

Baie dankie

Corné Nel

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Corné

Baie dankie vir jou navraag!
Die episodes van Seweweekspoort is beskikbaar op Maroela Media as podsendings waar ʼn mens daarna kan luister en word vir minstens ‘n jaar hier beskikbaar gestel vir ons luisteraars se luistergenot. Ons mag ongelukkig volgens ʼn kontraktuele ooreenkoms met die vervaardigers nie die episodes van die radiovervolgverhale op CD beskikbaar stel nie.
Jammer vir die ongerief, hoop julle kan lekker saam luister.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Rose

Baie dankie vir jou navraag!
Jy kan gerus op Lichvaal Stereo 92.6 FM of Overvaal Stereo 96.1 FM inskakel om na Seweweekspoort in die Noordwes-omgewing te luister. Besoek ook ons blad met uitsaaitye om te sien watter ander radiostasies saai ook hierdie reeks uit. Onthou jy kan ook altyd op Maroela Media na podsendings van die episodes kom luister indien jy ʼn episode gemis het.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Hanna ·

Gaan ons nie meer Seweweekspoort op Maroela kan luister ni

Landi Malan ·

Dagsê Hanna,

Jy kan inderdaad nog na die podsendings van Seweweekspoort op Maroela Media Luister.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.