Seweweekspoort: Meer vrae as antwoorde (Episode 58)

familie

Foto: Maroela Media.

Theuns en Lia kom agter oom Frans het Beneske se familie nagespeur op die internet. Hulle probeer agterkom wat hy oor haar uitgevind het. Sewes en Rocco maak vordering in hulle soektog na die Rhodes diamante maar raak in ‘n struweling betrokke… onder andere oor ‘n brief van Beneske. Wat staan in daardie brief?

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae