Seweweekspoort – Saam met die soet kom die suur (Episode 40)

familie

Foto: Maroela Media.

Marie, Beneske en Naomi maak vir David en Frans mal met alles wat aangery moet word na die fees. Naomi is baie gespanne en bel David om te vra hy moet ekstra versigtig bestuur. Het sy ʼn voorgevoel? Die fees begin intussen en op pad beland David in groot moeilikheid.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae