Seweweekspoort: Vandag se besluit is môre se probleem (Episode 41)

familie

Foto: Maroela Media.

Sewes maak weer ‘n geheimsinnige oproep en gee instruksies aan die persoon om die fees by te woon en weer te verdwyn.  Die fees is aanvanklik ‘n sukses maar die toespraak van die man van Waterwese veroorsaak groot ontsteltenis, veral vir die mense van Arendskuil. David daag nie by die fees op nie… hy is op pad in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Rocco en Sewes kom op hom af… gaan hy dit oorleef?

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae