Seweweekspoort – Waar bloed nie loop nie kruip dit (Episode 35)

familie

Foto: Maroela Media.

Die Woltemade-gesin is vir die eerste keer in ’n lang tyd saam om die etenstafel. Theuns word gespot oor sy Laventel-boerdery wat hy vir die plaas beplan en Frans oor sy nuwe Amerikaanse bakkie. Later por Beneske vir Rocco aan om te vertel van Monica – ’n ou liefde van hom wat hy onverwags weer op die dorp gesien het.

  • Wat presies is Seweweekspoort?

Seweweekspoort is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 13 weke, wat op 30 gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan ʼn borg met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Seweweekspoort op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae