Rian beplan een laaste gróót makietie

Rian van Heerden (Foto: Verskaf)

Rian van Heerden (Foto: Verskaf)

Rian van Heerden het in Julie aangekondig hy verlaat JacarandaFM in Maart volgende jaar as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program en toe sommer by voorbaat verskoning gevra vir sy streke vir res van die jaar. Nou doen hy sy woord gestand en beplan om tussen 11 en 13 November minstens 30 partytjies in 42 uur te probeer bywoon.

Dié radio-omroeper, bekend vir sy omstrede opmerkings en debatte, het vroeër gesê hy gaan alles wat hy in sy loopbaan as aanbieder wou doen, vanjaar tot uitvoer bring. “Radio gaan oor ʼn diep konneksie met ander en ek het nog altyd dié platform op Jacaranda gebruik om die mees betekenisvolle inhoud te skep,” het hy gesê.

“In die maande wat kom gaan ek onder meer uitsaai van eksotiese plekke en ʼn werklike “complimentary breakfast” vir mense in die verkeer voorsien.”

Juis daarom het Van Heerden vroeër vandeesmaand gesê hy wil ʼn nuwe wêreldrekord opstel deur minstens 30 partytjies agtereenvolgend hierdie naweek by te woon.

Ná talle uitnodigings van luisteraars gaan hy onder meer na ʼn 60ste verjaardagpartytjie en ʼn ooievaarstee in Pretoria en vandaar na Johannesburg, Noordwes en Mpumalanga.

Dié marathon-partytjie hierdie naweek kan gevolg word op JacarandaFM, Facebook, Twitter en Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Belinda ·

Begin asb net jou eie radio stasie asb…………gaan jou so mis!

DG ·

Ek wens hom alles van die beste vorentoe maar ek het ongelukkig REGTIG nie sy program geniet nie.

maraai ·

Ja ne daar sal altyd iemand wees wat n eier te le het oor ander se doen en late… Riaan ons gaan jou mis. Teminste geniet jy jou lewe tenvolle. Hoop ons sien en hoor jou nog baie op tv en radio…

Fanie ·

Dankie tog, hoop daar sal nou iemand kom wat tog nie als so sal her haal nie want ek ken teen die tyd al Jakaranda se musiek in volgorde en hoop hul los al die herhalings want hul kan tog so vas haak. Hul kan gerus by OFM gaan leer om musiek uit te saai, net jammer ons kan nie OFM hier opvang nie. Gaan hom regtig nie mis nie.

Thuunda ·

Bly net asb ver weg van Pta FM, nie lus vir sy gekkestreke nie.

Esmay ·

Rian ek is mal oor jou sè goed. Nie n bang haar op jou kop nie en baie reguit. So n paar jaar gelede was ek op een van jou shows en daar het ek n ander mooi kant van jou leer ken. n man met deernis toe jy voor die show met my en my man en klein kindertjies gepraat het. Ek gaan jou komiese praatjies beslis mis. Sterkte vorentoe.

Anita ·

Rian ek gaan jou verseker mis. Party mense is te stupid om jou humor te verstaan.

Kas ·

Hy het sy beste probeer om trump af te breek en Afrikaners af te kraak soos hoofstroom manipulasie media wat veronderstel is om ons te breinspoel. Gelukkig begin ons almeer vir onsself dink. Rian is maar net nog n pion van die establishment, maar ek hou van hom, sy grappies is snaaks.

Koos ·

Thanks for leaving. Vat net daai vrou wat so uitspattig lag ook saam asb!!!

rudi ·

Jy he my God afgelag en my hele bestaan verkleineer. Jy het jou gesag misbruik om jou persoonlike sedelike lewe te motifeer. Jy was my held op n stadium maar nou nie meer.

Johan ·

Jong die man is snaaks en hy praat die waarheid maar ek kan ongelukkig nie verby sy ongeskiktheid kyk nie kan nie wag dat hy loop by jacaranda nie.

bea ·

julle is net klomp suur gatte..omdat hy se soos n ding moet gese word nou is hy bad…as jy nie van hom hou nie luister na iets anders..julle wil net moun heeldag kry n lewe

Johan ·

Dit is die beste ding wat hy kan doen is om te loop want die mense is nie baie slim nie

Hy se elke dag die wit afrikaanse Christun sleg en daar is mense wat wragtig van hom hou

sharon ·

so Bea… ons is suurgat omdat ons opstaan teen laster van God. dan is ek maar suurgat… snaaks werk net tot op n punt en hy is in n gevaarzone wat dit aanbetref…. maar dis jou opinie Bea…. as dit is hoeveel jy jou Vader respekteer…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.