[Video] ‘Vuurvreters’ nou ook op Maroela Media

Vuurvreters_1.jpg

Van links na regs: Marius Vermaak, Lochner de Kock, Su-an Müller-Marais, Antowan Nöthling, Schalk Vorster, Bettie Kemp en Anton Dekker (foto: Maroela Media)

Goeie nuus vir die Maroela Media-gemeenskap! Van Maandag 15 Mei af is Vuurvreters ook beskikbaar op Maroela self. Dus, maak nie saak waar jy jou bevind nie, jy kan ook nou deel wees van die spanningsdrama!

Soos voorheen berig, is Vuurvreters die eerste drama wat opgeneem word in Maroela Media se eie drama-ateljee. Dié drama word reeds sedert 8 Mei uitgesaai op 33 gemeenskapsradiostasies wat internetradio insluit.

Die drama is geskryf deur Joe Kleinhans en vervaardig in samewerking met die baie ervare Bettie Kemp.

Kyk ook na die kort video oor hoe daar in die ateljee gespeel word met byklanke. In die video is Bettie Kemp, Lochner de Kock en Ria Smit in aksie te sien.

Dit is ʼn riller van ʼn storie …

Die rolverdeling is soos volg:

  • Agent Henry Vogel – Antowan Nöthling
  • Agent Sally Bloemhof – Su-an Müller-Marais
  • Direkteur Victor Fransman – Anton Dekker
  • Septimus Steyn – Lochner de Kock
  • Leonie Verster – Bettie Kemp
  • Tina Truter – Ria Smit
  • Rhoda van der Ross – Heidi Mollentze
  • Adjunkminister Titus Bantjies – Duncan Johnson

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnici: Schalk Vorster en Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ferdi de Bruin ·

Ons maar dom met tegnologie. Wanneer word die storie uitgesaai+hoe laat! Mal oor stories. Sal uitkyk vir n antwoord. Moet ek “radio” klik+daar luister????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.